Die staatmakers van
die sosiale aksie het onlangs weer eens voldoen aan inwoners se vraag na
vetkoek; die geurige maalvleisgevuldes sowel as die “kales”. En glo ons
vry, dié vetkoeke is nie die pieperige
goedjies wat elders in die dorp verkwansel word nie. Dis Menere!
Die foto’s hieronder
bied ʼn
oorsig van die verrigtinge.
|
Miriam Scheepers en Des Vos doen hulle ding |
|
Dit lyk asof Elize Yeo sê: "Só lyk 'n bosveldvetkoek mos!" |
|
Magda van den Berg berei die geurige maalvleisvulsel voor |
|
Die staatmakers van die sosiale aksie kliphard aan die werk |
|
Inwoners haal hul bestelling af |