Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 26 March 2018

Gospelsangers bekoor WR-gehoor

Die Manne wat Glo-sanggroep het ‘n paar jaar gelede ontstaan uit die behoefte van ‘n aantal gospelsangers om die Christelike geloof te bevorder. Die groep bestaan uit Dewald Gouws, Willie Joubert, Jan de Wet, Leon Ferreira en Rudi Muller.

Deur bemiddeling van die hoof van die Hoërskool Warmbad, Paul Liddle, het ons sosiale aksie onlangs ‘n gratis optrede deur twee lede van die sanggroep, Willie Joubert en Rudi Muller, by ons oord gereël.

V.l.n.r. verskyn Braam Cilliers (seremoniemeester), Rita Vosloo (sameroeper, sosiale aksie), Willie Joubert), Rudi Muller en Gerhard van Rooyen (voorsitter van die bestuurskomitee)
Willie is geseën met ‘n stem van internasionale gehalte, uitsonderlike skryftalent, en spontane verhoogpersoonlikheid.

Willie Joubert
Rudi is reeds ‘n bekende in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy het ‘n paar jaar gelede tot die Christelike musiekgenre toegetree.

Rudi Muller
Nadat elkeen ‘n gratis paaseier (met die komplimente van die sosiale aksie) ontvang het, het ‘n groot groep inwoners hulle verlustig in die optrede van dié twee talentvolle sangers wat die kroon op hulle sanguitvoering geplaas het met ‘n kragtige vertolking van Jerusalem.

Die gehoor in afwagting
Klik op http://vonk.co.za/manne-wat-glo/ om meer te wete te kom van Manne wat Glo.

No comments:

Post a Comment