Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 17 March 2018

WR se vetkoeke is koning!

Die staatmakers van die sosiale aksie het onlangs weer eens voldoen aan inwoners se vraag na vetkoek; die geurige maalvleisgevuldes sowel as die “kales”. En glo ons vry, dié vetkoeke is nie die pieperige goedjies wat elders in die dorp verkwansel word nie. Dis Menere!

Die foto’s hieronder bied ʼn oorsig van die verrigtinge.

Miriam Scheepers en Des Vos doen hulle ding

Dit lyk asof Elize Yeo sê: "Só lyk 'n bosveldvetkoek mos!"

Magda van den Berg berei die geurige maalvleisvulsel voor

Die staatmakers van die sosiale aksie kliphard aan die werk

Inwoners haal hul bestelling af


No comments:

Post a Comment