Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 21 January 2018

Sosiale aksie-portefeulje ploeg terug

Die uitstekende diens wat die sosiale aksie-portefeulje aan die oord en sy inwoners lewer, is alombekend. Hulle is ‘n groep staatmakers wat funksies reël wat strek van vetkoekverkopings tot deftige dinees.

Alhoewel die funksies nie ‘n winsoogmerk het nie, gebeur dit soms dat ‘n klein wins wél opgelewer word. Oor die jare heen het dit die sosiale aksie-portefeulje in staat gestel om ‘n bederfie of wat ten bate van die oord en inwoners aan te skaf.

Onlangs het die sosiale aksie-portefeulje besluit om ‘n bykomende yskas aan te koop en aan die oord te skenk. Op die foto hieronder verskyn Emely Langa en Linkie Ellis by die spoggerige nuwe Bosch-yskas wat onlangs afgelewer is. Emely is al 23 jaar lank een van die sosiale aksie-portefeulje se steunpilare en Linkie behartig die finansies.


No comments:

Post a Comment