Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 22 January 2018

Ek het spesiale versorging nodig. Wat nou?

Ons oord is ontwerp vir inwoners wat selfversorgend is. Dit beteken dat dit nie oor geriewe beskik vir verswakte persone wat tydelik of permanent nie daartoe is in staat is om onafhanklik in sy eenheid te kan aanbly nie.

Watter opsies bestaan dus vir inwoners wie se omstandighede van so ‘n aard is dat dit aldus ons gedragsreëls, “‘n risiko, verleentheid of oorlas vir ander inwoners skep”?

Vir ons inwoners is dit gerusstellend om te weet dat dat daar 'n plek soos Palms Renaissance Aftree- en Versorgingsoord in Pretoria is as hulle die stadium van hulle lewe bereik wanneer hulle spesiale versorging nodig het.

Die ruim voorportaal skep 'n positiewe indruk
Dié oord spesialiseer in die versorging van verswakte bejaardes, insluitend pasiënte wat aan Alzheimer-, Parkinsonsiekte of ander vorme van demensie ly. Hulle word in gerieflike kamers gehuisves.

Die ontvangslokaal van die versorgingseenheid
'n Woonvertrek in die versorgingseenheid
Inwoners van die aftreeoorde binne die Renaissance-groep geniet voorkeurreg vir verskuiwing daarheen indien hulle omstandighede dit noodsaak. Trouens ‘n hele aantal inwoners van ons oord het reeds na Die Palms verhuis.

Die Palms se toegewyde personeel doen baie moeite om inwoners te stimuleer. Hulle woon funksies en rolprentvertonings by, besoek die goedtoegeruste biblioteek  , woon gereelde kerkdienste by en brei dikwels items wat aan hulpbehoewende kinders geskenk word.

Die biblioteek
Die kapel
Hierbenewens word drie smaaklike maaltye per dag in ‘n aantreklike eetsaal bedien.

Die eetsaal
Tree gerus met Jacky (014 736 5687) in verbinding indien u meer inligting oor die Palms Renaissance Aftree- en Versorgingsoord in Pretoria verlang. 


No comments:

Post a Comment