Soek 'n berig in Renaissance
Thursday, 30 November 2017
Monday, 27 November 2017
Onse Dries wen weer eens
Dries (regs) en sy seun, Stefan |
Boogskuts
van regoor die land en tot so ver as die Wes-Kaap, het die kompetisie bygewoon
en boogskiet in al die verskillende klasse is goed verteenwoordig.
Dries
Engelbrecht van Bela-Bela en sy seun, Stefan, spog hier met hul wentrofeë en
medaljes vir die langboogklas. [Dries is ‘n inwoner van Warmbad Renaissance (E132) - red.]
[Foto en byskrif ontleen aan Die Pos, ons plaaslike koerant en wenner van die
ATKV-mediaveertjie 2017 – beste gemeenskaps- of plaaslike koerant]
Thursday, 23 November 2017
Jaareindgeselligheid - 22 November 2017
Ons oord se sosiale
aksie-portefeulje moes vanjaar weer eens uithaal en wys toe hulle nagenoeg 100
gemoedelike inwoners tydens ons jaareindgeselligheid op smullekker disse
getrakteer het.
Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die
feestelike geleentheid.
'n Blik oor die keurigversierde lokaal |
(V.l.n.r) Marie Snyman, Hester Breet, Ria van Rensburg, Bella van Zyl, Ans du Plessis, Wilma Kense en Renate Schmidt |
Mel se mense. Dis vir Mel Smith (heel links) 'n saak van trots dat verreweg die meeste inwoners wat in haar straat woon, die oord se funksies getrou ondersteun. |
Die kaastafel was oudergewoonte 'n wenner |
Wednesday, 15 November 2017
Two talented residents produce new publication
Bold new publication |
This book offers the vision,
creativity and hard work of an exceptionally talented team led by Philip and
Ingrid van den Berg who live in U34.
Philip and Ingrid van den Berg |
B. Sc. (Hons.) degree, which includes Zoology, Botany and Entomology, she
was well-equipped for this.
Philip, whose expertise in wildlife photography and intimate knowledge of
nature gleaned from his extensive background in Environmental Education, dealt
with the photographic library. He ensured that the finest pictures were
selected.
Kgalagadi Self-drive – Routes, Roads and Ratings combines the very best travel tips and route suggestions with captivating
photography as demonstrated by the following picture from one of the book’s heart-stopping photo
sequences of a lion kill which was taken
by Nick Rabjohn.
Going, going ... |
... gone! |
Tuesday, 14 November 2017
In die Bosveld gebore en getoë
Die Van der Merwes |
Nadat hulle verskeie
woonplekke oorweeg het, het Sakkie (65) en Marietjie (55) van der Merwe besluit dat hulle
hulle oudag in Warmbad Renaissance wil deurbring. Hulle huur tans E113 en is in
hulle noppies met die gerief en ruimte wat dit bied. Hulle is eweneens hoog in hulle
skik met ons oord se goedversorgde terrein en die gawe mense wat hulle tot
dusver ontmoet het. Kortweg: hulle is hier so gelukkig soos ʼn kat met sewe sterte!Sakkie is op
Kuruman gebore. Hy het in Potchesftroom grootgeword en uiteindelik in 1971 aan die
Hoër Tegniese
Skool Rustenburg gematrikuleer. Hierna het hy in Pretoria by die voormalige
Yskor ʼn
vakleerlingskap as ʼn
elektrisiën voltooi.
Sakkie het in verskeie hoedanighede in die Yskorgroep van
maatskappye gewerk voordat hy by die Grootegeluk-steenkoolmyn op Ellisras
uitgetree het om sy eie sakeonderneming van stapel te stuur.
Marietjie is ʼn Bosvelder in hart
en niere. Sy is op Nylstroom gebore en getoë. Hier het sy in 1982 aan die
Hoërskool Nylstroom gematrikuleer voordat sy ʼn student aan die voormalige Technikon Vrystaat in Bloemfontein
geword het. Hier het sy diplomas as ʼn aptekers- en
tandheelkundige assistent behaal. Na vele omswerwinge, veral in die
Limpopoprovinsie, werk sy tans as ʼn skakelpersoon by
die St. Vincents-hospitaal op Bela-Bela.
Sakkie en Marietjie het mekaar op Burgersfort ontmoet en is
in 2011 op Cullinan getroud. Hy het twee kinders
uit ʼn vorige huwelik, en twee kleinkinders. Marietjie was ook voorheen
getroud en het een seun.
Saturday, 11 November 2017
Troupantlaners hou straatbraai
Kort na ons oord se ontstaan 26 jaar gelede, het
die behoefte aan sosiale interaksie tussen die inwoners uitgeloop op ons
straatbraaitradisie. Straatbraaie vervang nie die meer formele geleenthede wat
deur die bestuurskomitee se sosiale aksie-portefeulje gereël word nie.
Die doel van ‘n straatbraai is om sommer net ander
straatbewoners se geselskap te geniet en om nuwe inwoners in die buurt te
verwelkom.
Die volgende foto’s beeld ‘n onlangse straatbraai
uit wat deur die inwoners van Troupantlaan aan huis van Connie en René Venter gehou is.
Friday, 10 November 2017
Indigenous tree of the month (8)
During the past few months, we have provided information about the indigenous trees that occur in our village. The
purpose was not only to inform, but also to encourage residents to dedicate
themselves to their conservation.
This month we feature the last of the series, i.e. the Tree Wistaria (Bolusanthus speciosus), one of the most spectacular of our indigenous trees when in flower. In Afrikaans it is called Vanwykshout.
PHILIP VAN
DEN BERG (U34) writes: Quite a few Tree Wistarias flourish in our village, e.g.
close to U124 and U82.
The Tree
Wistaria is a decorative, slender, upright, small to medium-sized tree that is
widespread in the bushveld areas of southern Africa where it prefers to grow
where dolerite outcrops are close to the surface. The dark vertically fissured
bark is characteristic.
The striking
clusters of pale blue to velvet flowers are produced in profusion during
September and October, sometimes even before the new leaves appear. Long papery
pods are borne in clusters.
This
versatile tree is very hardy and drought resistant, making it ideal for the
garden. The roots are not invasive.
The wood of the Tree Wistaria is sought after by carpenters, because it makes excellent furniture. It works well on a lathe, turning out beautiful table lamps and other articles. The straight growing stems are very hard, termite resistant and used for fencing posts. The roots are used medicinally to alleviate stomach problems and the inner bark is used to treat abdominal cramps.
This month we feature the last of the series, i.e. the Tree Wistaria (Bolusanthus speciosus), one of the most spectacular of our indigenous trees when in flower. In Afrikaans it is called Vanwykshout.
One of the most spectaclular of our indigenous trees when in flower |
One of a few Tree Wistarias in our village grows next to U124 |
The vertically fissured bark is characteristic |
The Tree Wistaria blooms in Spring |
Long papery pods are borne in clusters |
The wood of the Tree Wistaria is sought after by carpenters, because it makes excellent furniture. It works well on a lathe, turning out beautiful table lamps and other articles. The straight growing stems are very hard, termite resistant and used for fencing posts. The roots are used medicinally to alleviate stomach problems and the inner bark is used to treat abdominal cramps.
Subscribe to:
Posts (Atom)