Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 11 November 2017

Troupantlaners hou straatbraai

Kort na ons oord se ontstaan 26 jaar gelede, het die behoefte aan sosiale interaksie tussen die inwoners uitgeloop op ons straatbraaitradisie. Straatbraaie vervang nie die meer formele geleenthede wat deur die bestuurskomitee se sosiale aksie-portefeulje gereël word nie.

Die doel van ‘n straatbraai is om sommer net ander straatbewoners se geselskap te geniet en om nuwe inwoners in die buurt te verwelkom.

Die volgende foto’s beeld ‘n onlangse straatbraai uit wat deur die inwoners van Troupantlaan aan huis van Connie en René Venter gehou is.

V.l.n.r. verskyn Gerhard Swart, Connie Venter, Pieter Heyneke en Eddie Kuntz.
V.l.n.r. verskyn René Venter, Beatrix Esterhuizen, en Hester Breet
V.l.n.r. verskyn Annette Heyneke, Lirpa Kuntz, Hester Botes, Raaitjie Minny, Linkie Ellis en Annetjie van Vreden

No comments:

Post a Comment