Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 19 October 2017

Nóg stedelinge verruil stadsgewoel vir rustige Bosveld

Dirk (77) en Magda (65) van den Berg is die soveelste talentvolle stedelinge wat onlangs die stadsgewoel vir die landelike rustigheid van die Bosveld verruil het. Hulle het onlangs in E1 ingetrek.

Hulle het voorheen in ‘n meenthuiskompleks in Randburg gewoon.

Dirk en Magda van den Berg
Dirk is op Volksrust gebore en het in Potchefstroom grootgeword. Hy het in 1958 aan die Hoërskool Gimnasium gematrikuleer en daarna die B.Admin.Hons (Bedryfsadministrasie)-graad aan die toentertydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO behaal. Later het hy ‘n gevorderde bestuursprogram aan die UNISA-bestuurskool gevolg.

Dirk was lank by verskeie maatskappye in hul personeelbestuursafdeling werksaam. Die laaste 25 jaar van sy beroepslewe was hy ‘n konsultant in organisasie-ontwikkeling en menslike gedrag.

Magda is in Port Elizabeth gebore en het in Roodepoort grootgeword. Sy het in 1969 aan die Hoërskool Roodepoort gematrikuleer. Daarna het sy ‘n onderwysdiploma aan die Goudstadse Onderwyskollege behaal.

Magda was ‘n sakevrou van formaat. Sy het, onder andere, haar eie gymnasium in Germiston, ‘n eiendomsagentskap op Jeffreysbaai en ‘n restaurant en gastehuis op Mosselbaai gehad. Sy is pas aangestel as 'n agent by 'n plaaslike eiendomsagentskap.

Dirk en Magda het mekaar sowat 30 jaar gelede op Germiston ontmoet en bevriend geraak. Hulle is egter intussen met ander persone getroud, dog hul gesinne het jare lank hegte vriende gebly. Hulle het hul wederhelftes later kort na mekaar aan die dood afgestaan en op ‘n dag besluit om die res van hull ewe saam te slyt. Gevolglik is hulle is op 26 April 2010 op Heroldsbaai getroud.

Dirk het twee dogters en drie kleinseuns. Magda het ‘n seun en ‘n dogter, en een kleinseun en twee kleindogters

No comments:

Post a Comment