Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 14 October 2017

LO-groep ploeg terug

Die liggaamsoefeninggroep wat op 'n Maandag, Woensdag en Vrydag om 07:30 o.l.v. Rina Steynberg (E105) in die Lapa hulle lywe probeer (?!) soepel hou, het onlangs besluit om so dan en wan ‘n geldjie in ‘n boksie te plaas wat aan die plaaslike tak van die Kankervereniging van Suid-Afrika geskenk word. Tot dusver het die groep meer as R1 600 ingesamel.

Hou daai lywe soepel!
Só ploeg hulle met dankbaarheid ‘n ietsie terug; enersyds vir die goeie diens wat KANSA in die gemeenskap lewer en andersyds dat hulle op hul ouderdom nog steeds soos jonger mense kan bokspring!

No comments:

Post a Comment