Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 14 April 2017

HPH Publishing skenk boeke aan ons biblioteek

Philip en Ingrid van den Berg, direkteure van die uitgewersmaatskappy HPH Publishing, het onlangs ‘n stapel van hulle pragpublikasies aan die oord se biblioteek geskenk.

Philip en Ingrip van den Berg oorhandig die boeke aan Hester Botes. Hester behartig die oord se biblioteek reeds elf jaar lank.

Philip en Ingrid woon in ons oord.

Nadat die Van den Bergs die onderwys in 1997 vaarwel toegeroep het, het hulle hulle op hulle liefhebbery, wildlewe-fotografie, toegespits. 

Kort voor lank het hulle gesoek na 'n uitlaatklep vir hulle allemintige skeppeningsvermoë en siedaar: HPH Publishing. Hulle seun, Heinrich, is die besturende direkteur. Hy is self n bekroonde foto-joernalis wat reeds talle plaaslike en internasionale toekennings ontvang het.

Sedert 2002 het die maatskappy reeds meer as 35 hoëgehalte-koffietafelboeke gepubliseer wat hoofsaaklik op die interaksie tussen plant en dier fokus.

Klik HIER om die HPH Publishing-webtuiste te besoek.




No comments:

Post a Comment