Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 17 March 2017

Só bak die Bosvelders vetkoek

Die oord se sosiale aksie het onlangs weer eens ʼn hoogs suksesvolle vetkoekverkoping in die Lapa aangebied. Die Lapa is een van die twee ontspanningsale. Die geleentheid is baie goed deur die inwoners ondersteun.

Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.

Die sosiale aksie-staatmakers woel en werskaf met ‘n blymoedigheid wat vir alle betrokkenes ‘n riem onder die hart was
Isabel Hattingh hou trots een van haar vetkoeke omhoog. “Só moet ʼn vetkoek lyk as hy ʼn vetkoek is,” spog sy
Rina Steynberg, Mel Smith, Chris van den Heever en Ann van den Heever wag geduldig dat hulle bestelling uitgevoer word

No comments:

Post a Comment