Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 25 April 2017

Trekvoëls vind 'n tuiste in ons oord

Alhoewel Steve (71) en Felicity (68) van der Merwe amptelik van Pietermaritzburg afkomstig is, was hulle meenthuis in daardie stad slegs die basis waarvandaan hulle die afgelope twaalf jaar met hulle woonwa en bakkie die land platgereis het.

Felicity en Steve van der Merwe
Die afgelope drie jaar het hulle dikwels in die Kleinbegin-vakansieoord, buite Bela-Bela, tuisgegaan. Dis waarskynlik waar hulle liefdesverhouding met die Bosveld beslag gekry het. Toe hulle na ʼn vaste tuiste begin soek, het hulle ons oord met sy pragtige terrein en vriendelike inwoners, gekies.

Felicity het in 1966 aan die Wartburg-Kirchdorf High School naby Pietermaritzburg gematrikuleer. Daarna het sy as ʼn regsassistent by die Natalse Hooggeregshof in Pietermaritzburg begin werk en later as ʼn mediese sekretaresse vir verskeie mediese spesialiste in George en Johannesburg. Steve het op Kokstad grootgeword, in 1963 aan die Hoërskool Kokstad gematrikuleer, waarna hy by die SA Polisie aangesluit het. Hy het mettertyd die BA Polisiekunde-graad aan UNISA behaal, ʼn vingerafdrukdeskundige geword en op 49-jarige ouderdom as ʼn brigadier by die SA Kriminele Buro uitgetree.

Steve en Felicity is in 1970 in Pietermaritzburg getroud. Hulle het twee seuns. Warren en sy gesin woon in Dubai en Charl en sy gesin in Brisbane. Hulle het vier kleinkinders.

Les bes, Pa en seuns is gekwalifiseerde tennisafrigters.

No comments:

Post a Comment