Danie en Louise du Plessis |
Nádat hulle
'n uitgebreide soektog na 'n aftreeplekkie onderneem het, het Danie (74) en
Louise (71) du Plessis op ons webtuiste afgekom met inligting oor ons mooie,
veilige en bekostigbare aftreeoord in die Bosveld. Hulle het vanaf Pretoria
hierheen gereis om ondersoek in te stel en het gou besluit dat Warmbad
Renaissance die plek is waar hulle hulle oudag wil slyt. Hulle het onlangs hulle
intrek in E60 geneem.
Louise, 'n agteragterkleindogter
van oud-pres. Paul Kruger van die ZAR, is op Rustenburg gebore en het op 'n
plaas in die Ellisras-omgewing grootgeword. Sy het in 1961 matriek aan die
Hoërskool Ellisras behaal. In 1963 het sy 'n handelsdiploma aan die Pretoria
Tegniese Kollege verwerf en by die United Building Society begin werk.
Oud-pres. Paul Kruger van die ZAR |
Danie is in
Marken gebore waar hy grootgeword het voordat hy in 1960 matriek aan die
Hoërskool Potgietersrust behaal het. Voordat hy in 1993 as die Hoof: Debiteure
by die Grootegeluk-steenkoolmyn uitgetree het, was hy op verskeie plekke 'n stasiebevelvoerder
in die SAP.
Danie en
Louise is in 1965 op Nylstroom getroud. Drie kinders en vyf kleinkinders is uit
hulle huwelik gebore.
No comments:
Post a Comment