Nadat hulle
sedert 1994 onafgebroke in die oord gewoon het, moes Jan en Jean van Blerk
onlangs weens Jan se beroerteaanval verhuis na ‘n oord in Bryanston waar hy gespesialiseerde
versorging kan ontvang.
Jan was
alombekend as Jan Pyp. Hy en sy pyp was haas onafskeidbaar.
Terwyl Jean
besig was om hulle eenheid te ontruim, het sy besluit om twee van Jan se
skilderye aan die oord te skenk.
Die skilderye
sal in die administrasiegebou uitgestal word.
Gerhard van Rooyen, voorsitter van die bestuurskomitee, ontvang die skilderye namens die oord |
Jan was in
1988 burgemeester van Johannesburg en ‘n talentvolle skilder wat hom op
Bosveldtonele toegespits het.
Jan, tydens sy dienstermyn as burgemeester van Johannesburg |
No comments:
Post a Comment