Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 9 November 2016

Inwoners slaak sug van verligting

Linette Retief skryf in Beeld van 5 November 2016: Met die inwerkingtreding van die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas [wat op 7 Oktober 2016 gepromulgeer is en vanaf Januarie 2017 van krag sal wees] kan die meeste eienaars in deeltitelskemas verwag dat hul heffingspaaiemente gaan styg. Die rede hiervoor, sê Andrew Schaefer, besturende direkteur van die eiendomsmaatskappy Trafalgar, is dat die nuwe wetgewing dit vir alle skemas verpligtend maak om ‘n stewige reserwefonds op die been te bring om die toekomstige koste van enige groot instandhoudingsprojekte of noodherstelwerk aan gemeenskaplike eiendom te dek.

Inwoners wat hierdie berig gelees het, het waarskynlik ‘n beklemming om die hart ondervind. Die vraag wat onwillekeurig ontstaan is wat op dees aarde gaan dié spul ons nou weer kos?

Ons het ons nuwe bestuursagent, Frikman Nel, gevra om assegrootblief te verduidelik.

Hy het laat weet dat ons oord een van min aftreeoorde is waarop die bovermelde klousule nie aanstaande vanjaar ‘n invloed sal uitoefen nie.

“Julle voldoen reeds aan die nuwe vereistes ten opsigte van reserwefondse weens die goeie beplanning en baie goeie bestuur van die afgelope jare,” skryf hy.

Sou daar egter in die toekoms redelike groot onvoorsiene uitgawes opduik wat noodsaak dat ‘n groot deel van die reserwes daarvoor aangewend moet word, sal daar in die daaropvolgende begroting net weer deur middel van verhoogde heffings voorsiening gemaak moet word om die reserwes aan te vul.  

No comments:

Post a Comment