Ons faktotum, William Baloyi, het op 1 Mei 1996 by ons oord
diens aanvaar en het mettertyd 'n onmisbare rol in ons wel en wee gespeel.
Die voorsitter van die bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, oorhandig 'n "Certificate of Appreciation" aan Bra Willy |
Vanjaar het hy sy twintigste diensjaar by die oord voltooi. Daarvoor
het hy onlangs 'n kontantbedrag en 'n geraamde sertifikaat van Gerhard van
Rooyen, die voorsitter van die bestuurskomitee, ontvang.
Die oord se werkers is saam met Bra Willy bly. V.l.n.r verskyn Emely Langa, Thomas Maswanganye, Bra Willy, Daniel Marakalla en Abram Lebese. |
No comments:
Post a Comment