Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 24 November 2016

Annual General Meeting, 24 November 2016

Die voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging, Gerhard van Rooyen, spreek die aanwesiges toe
Inleiding
Die ondervermelde aangeleenthede is op 24 November 2016 tydens die Algemene Jaarvergadering van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging hanteer.

Voorsitter se jaarverslag
Die voorsitter van die bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, het sy dank betuig teenoor 'n groot groep persone wat vanjaar 'n onmisbare bydrae gelewer het om sake in ons oord vlot te laat verloop. Dit sluit die bestuursvereniging, bestuurskomitee, inwoners wat nie in die bestuurskomitee dien nie, die sosiale aksie, die bestuursagent en ontwikkelaar, en werknemers van die oord in.

Hy het daarop gewys dat die betrokkenes soms van mekaar verskil het, maar tóg uiteindelik saamgewerk het om oorddoelwitte te bereik.

"Een van die interessantste aspekte van ons oord," het hy in ligter luim gesê, "is die spoed waarmee nuus  versprei - só vinnig dat nie eers die moderne tegnologie kan byhou nie!"

Gerhard het ook gewag gemaak van die hoogtepunt van die jaar, te wete die viering van ons 25ste bestaansjaar in April vanjaar. 'n Puik gedenkblad en 'n gesellige potjiekos-ete het die kroon op die feestelikhede gespan.

In response, the meeting passed a resolution expressing its appreciation for the quality of leadership provided by Gerhard during the past year. He managed to successfully avoid the pitfalls associated with mediocre governance, while efficiently embracing important elements of leadership, i.e. good interpersonal skills, a considerate disposition, a sense of purpose, intelligence and good judgment.

Amendments to our Rules of Conduct
Paragraph 4 now specifies that a unit may in future only accommodate a maximum number of 2 persons. However, when circumstances arise requiring the permanent accommodation of a third person in the unit, the approval of the Management Committee must be sought. The Management Committee will take into account whether the unit has sufficient space, that the third person has attained the age of 50, and that he/she is related (parent, brother or sister) to the occupiers.

Paragraaf 16 bepaal dat alle tuine en grasperke deel is van die gemeenskaplike eiendom. Inwoners word egter toegelaat om 'n tuin om hulle wonings te vestig en in stand te hou mits hulle verantwoordelikheid aanvaar vir die totale koste daaraan verbonde. Dit sluit die natlei van die tuin in. Die water wat só verbruik word, word deur die eenheid se watermeter gemeet. Dié meters is in 2014 geïnstalleer.

Die begroting vir 2017
Die begroting vir 2017, wat deur ons nuwe bestuursagent, Frikman Nel voorberei is, is ter tafel gelê en deur die vergadering goedgekeur.

Die bedrag wat benodig word vir die bestuur van die oord beloop R1 917 536 en moet uit heffings verhaal word. Dit bring mee dat ons maandelikse heffings vir 2017 met 8.782% verhoog sal word.

Mnre. PricewaterhouseCoopers is weer eens as die oord se ouditeur aangewys.

The Management Committee for 2017
The Management Committee for 2017 is as follows: Gerhard van Rooyen (Chairman), Barry Vosloo (Vice-chairman/Communication) Lirpa Kuntz (Secretary), Flip Dreyer (Maintenance), Piet Combrink (Conservation), Jadene Horne (Conservation), Braam Cilliers (Administration), Rita Vosloo (Social Action), Elsa Erasmus (Finance), George Yeo (Security), Tiny Hitge (Electricity and Water Meters), Marie Snyman (Residents' Support).


No comments:

Post a Comment