Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 8 May 2015

Veelsydige nuwelinge

Nadat hulle vier jaar lank op die Verloren-Landgoed, tussen Bela-Bela en Modimolle, gewoon het, was Louwtjie (66) en Elsa (66) Rademeyer genoodsaak om te verhuis. Hulle het verskeie sekuriteitsoorde ondersoek, maar uitendelik het hulle keuse op Warmbad Renaissance geval nadat 'n verhuringsagent Eenheid 113 aan hulle getoon het.

Louwtjie en Elsie Rademeyer
"Toe ons by die hoofingang inry," vertel Elsie, "het ons onmiddellik tuis gevoel. Die vriendelike inwoners en die netheid, rustigheid en veiligheid van die oord, was enkele dinge wat ons dadelik beïndruk het." 

Die feit dat Bela-Bela naby Pretoria met sy uitstekende mediese geriewe geleë is, asook die beskikbaarheid van goeie plaaslike geneeshere en 'n private hospitaal, het die deurslag gegee.

Die 66-jarige Louwtjie is 'n energieke man. Hy het in sy prille jeug as 'n motorwerktuigkundige gekwalifiseer en het later 'n diploma in kinder- en jeugsorg aan Unisa behaal. Die Departement van Gesondheids- en Sosiale Ontwikkeling het hom in diens geneem. Daarna het die mees bevredigende 21 jaar van sy lewe gevolg terwyl hy op Cullinan met dwelm- en drankverslaafde kinders gewerk het.

Elsie en Louwtjie is reeds 46 jaar getroud. Die eerste indruk wat 'n mens van hulle kry is dat hulle mekaar goed aanvul. Elsie is die moederlike tuisteskepper en Louwtjie, die veelsydige woelwater.

Hulle twee kinders en drie kleinkinders woon in Pretoria en is dus maklik bereikbaar as die verlange hulle oorweldig.

No comments:

Post a Comment