Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 3 May 2015

Die kloutjie en die oor

Volgens die webtuiste van die Johannesburgse Metropolitaanse Munisipaliteit, Joburg Happenings, het Fred Struben in 1884 goud in 'n rotsrif op die plaas Roodepoort ontdek.

Hoewel die myn nie juis winsgewend was nie, het die plakkersdorp wat in die omgewing ontstaan het, in 1903 munisipale status verwerf en bekend gestaan as die Roodepoort-Maraisburg Munisipaliteit. Roodepoort (Maraisburg het intussen verval) het in 1977 stadstatus ontvang en is in die laat negentigerjare by die Johannesburgse Metropolitaanse Munisipaliteit ingelyf. 

Wat het hierdie brokkie geskiedenis wat hom 171 jaar gelede en nagenoeg 176 kilometer hiervandaan afgespeel het, met ons oord in Bela-Bela te doen?

Nie veel nie, maar darem.

Die eerste Afrikaanssprekende Burgemeester van Roodepoort, raadslid E.O. en mev. Amy Olivier se kleindogter, Amy, is 'n inwoner van ons oord. Amy is met Piet Combrink getroud. Hulle woon in Eenheid 6.

Siedaar, die verband tussen Roodepoort en Warmbad Renaissance!

Piet en Amy Combrink
Lila Botha, Piet en Amy se dogter wat in Northcliff, Johannesburg,  woonagtig is, besit 'n waardevolle publikasie wat uit 1916 dateer. Te oordeel aan die buiteblad en aspekte van die inhoud, is dié publikasie waarskynlik die Burgemeester se Jaarverslag van 1915/1916, oftewel die "Minute of His Worship the Mayor for the Mayoral Year ended 31st October 1916".

Die voorblad van die Burgemeester se Jaarverslag, gedateer 31 Oktober 1916
Die publikasie bevat onder andere foto's van Amy se oupa en ouma, die Burgemeester, raadslid E.O. Olivier en "Mrs E.O. Olivier (Mayoress)".

Die eerste Afrikaanssprekende burgemeesterspaar van Roodepoort, Amy se oupa en ouma, raadslid E.O. en mev. Amy Olivier
Benewens ander interessante inligting op bladsy 2, soos die bevolkingsamestelling en die begroting, is die verwysing na die "European War" nogal interessant. Dit weerspieël die diepe kommer wat in Suid-Afrika oor die Eerste Wêreldoorlog geheers het (talle Suid-Afrikaners het as vrywilligers aan die kant van die geallieerdes geveg):  "It is with deep regret that we are still in the throes of a world crisis, the European war still ranging in all its fury. There does not appear to be any hope of an early peace."

Bladsy 2 van die "Minute of his Worship the Mayor"

No comments:

Post a Comment