Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 9 May 2015

Ons nuwe webtuiste doen sy werk

Ben Oliver en sy sjarmante eggenote, Susan, het onlangs hulle intrek in Warmbad Renaissance geneem. 

Ben en Susan Oliver
Hulle het voorheen in Molopo-Oog gewoon waarheen hulle verhuis het nadat Ben sy elektriese kontrakteursonderneming op Thabazimbi van die hand gesit het. 

Die naaste groot dorp aan Molopo-Oog is Lichtenburg in Noordwes.

Gevra waarom hulle juis ons oord as 'n woonplek gekies het, het Susan gesê dat hulle op die platteland wou woon wat nie te ver van Pretoria af met sy uitstekende mediese geriewe geleë is nie.

Sy het ons webwerf (klik HIER om toegang te verkry) besoek wat, onder andere, 'n aantal wooneenhede geadverteer het. Hierbenewens was hulle aangenaam verras om te verneem dat Bela-Bela geseën is met 'n heerlike Bosveldklimaat, goeie geneeshere en 'n heel bruikbare private hospitaal. 

Hulle het hierheen gereis, op Eenheid 87 verlief geraak en dit terstond gekoop.

Die Olivers kan nie uitgepraat raak nie oor ons mooi terrein, die vriendelike mense wat hier woon, die gevoel van rustigheid en veiligheid wat hulle ervaar.

Hulle gunstelingtydverdryf is om die land te  deurreis.

Tussen hulle het Ben en Susan ses kinders en twee kleinkinders.

No comments:

Post a Comment