Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 11 September 2022

Oord verwelkom Gudrun Smith

 

Gudrun Smith (E26) is in 1948 in Amsterdam, Nederland, gebore. In 1958 het sy en haar ouers na Suid-Afrika geëmigreer. Hulle hul mettertyd in Germiston gevestig. Hier het sy haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Vryburger voltooi. Sy het met Francois Marais in die huwelik getree en die edel roeping van voltydse tuisteskepper aanvaar. Nadat Francois oorlede is, is sy met Raymond Smith getroud. Hy het haar egter ook later ontval.

Gudrun het haar voorheen intensief met onder andere tapesserie-, pottebak-, kers- en houtsneewerk besig gehou.

Sy vertel dat sy verskeie aftreeopsies oorweeg het voordat sy besluit het om vanaf Kemptonpark na ons oord te verhuis. Sy is in haar noppies met haar gerieflike wooneenheid en die vriendelike inwoners wat sy tot dusver ontmoet het. Sy het reeds by die sosiale funksiesgroep ingeskakel.

 

 


No comments:

Post a Comment