Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 4 August 2022

Nóg ̓n stap nader aan botaniese tuin ten weste van ons oord

Ons het onlangs enkele grepe aangehaal uit ̓n berig deur Andries van der Heyde met die opskrif Planne vir botaniese tuin in Bela-Bela skiet nuwe wortels wat in Die Pos-koerant van 15 Julie verskyn het. In ̓n opvolgberig op 22 Julie, skryf Van der Heyde: Arnaud le Roux (foto bo), die nuwe voorsitter van die loodskomitee, het op Donderdag 14 Julie ̓n voorlegging aan Gloria Seleka, Bela-Bela-burgemeester, Themba Mnisi, hoof van plaaslike ekonomiese ontwikkeling, asook Sephalo Mokgoloa van die plaaslike ekonomiese bestuurskantoor, gedoen.

Seleka het na afloop van die voorlegging gesê sy is ten gunste van die projek en dat dit ooreenstem met pres. Cyril Ramaphosa se beleid van vennootskappe tussen die regering en die privaatsektor.

̓n Besoek aan die beoogde gedeelte word nou beplan waar komiteelede die verskillende terreinopsies aan die amptenare sal uitwys.

No comments:

Post a Comment