Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 5 February 2021

Ons veiligheid is hul erns

Die Bestuurskomitee het op 1 Januarie 2016 ʼn kontraktuele ooreenkoms met Galven Security gesluit om ’n  sekerheidsdiens aan ons oord te lewer. Sedertdien het hulle ʼn voortreflike bydrae tot ons veiligheid gelewer en daardeur gemoedsrus aan ons inwoners verskaf.

Die veiligheidswagte hieronder is werknemers van Galven Security. Hulle is (van bo tot onder) Frans Matjila, Thomas Chauke, Elias Boshielo and Kenneth Manganyi. Inwoners het groot waardering vir hulle toewyding, hoflikheid en hulpvaardigheid. 

















No comments:

Post a Comment