Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 8 February 2021

Ons plek, ons trots

Een ding waaroor die meeste inwoners saamstem is dat ons oord baie netjies vertoon.

Drie aspekte is in dié verband van belang.

Eerstens vertroetel inwoners soos Kolie en Monica Ras (foto onder) hulle pragtige tuin reeds 14 jaar lank op eie koste.

Tweedens lewer die 43-jarige Jannie Botha (foto onder), eienaar van Soetdoring Tuindienste, sedert Januarie 2009 ʼn gewaardeerde diens aan ons oord.

Derdens is ons eie interne tuindiens onder leiding van Neels Cornelius (foto onder), altyd hulpvaardig.

Onbesonge staatmakers soos Jannie, Neels en hulle werkers waardeer die vriendelike samewerking wat hulle van ons inwoners ontvang.

 

No comments:

Post a Comment