Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 7 December 2020

Oord verwelkom Harry en Marie Pretorius

Alhoewel Harry (77) en Marie (69) Pretorius onlangs eers hul intrek in E85 geneem het, is Bela-Bela vir hulle ʼn bekende omgewing aangesien hulle jare lank reeds woonwa-vakansies in ʼn plaaslike woonwapark deurgebring het.

Harry is in Middelburg, Transvaal, gebore en het op Salvokop grootgeword. Nadat hy sy skoolopleiding in 1961 aan die Hoërskool Wonderboom voltooi het, het hy hom as ʼn  elektrisiën bekwaam. Hy het in 2006 by die Middelbultmyn op Secunda afgetree.

Marie is in Primrose, Germiston, gebore en getoë. Sy het haar skoolopleiding in 1967 aan die Efficiency Business   College voltooi en daarna jare lank as ʼn boekhoudster by ʼn mediese praktyk op Evander gewerk.

Harry en Marie is in 1969 getroud en het twee seuns en een kleinkind.

No comments:

Post a Comment