Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 4 December 2020

Oord verwelkom Anna-Marie en Ans O'Linsky


 
Anna-Marie O’Linsky (60) en haar ma, Ans O’Linsky (87), het hul intrek onlangs in E24 geneem. Hulle het familie wat ook op Bela-Bela woon.

Anna-Marie is in Cradock gebore en het in Montana, Pretoria, grootgeword. Sy het in 1960 haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Pretoria-Noord voltooi en is mettertyd deur Volkskas (tans ABSA) in diens geneem waar sy 40 jaar lank gewerk het. Sy het onlangs as ʼn kwaliteitsbestuurder afgetree.

Ans is in Aliwal-Noord gebore en getoë. Nadat sy ʼn ruk lank by Volkskas as ʼn makelaar gewerk het, het sy haar eie makelaarsonderneming van stapel gestuur.

Ans en Ivan is in 1956 getroud. Hy het haar in 2015 ontval. Hul het vier dogters en vyf kleinkinders grootgemaak.

 


No comments:

Post a Comment