Wanneer
dit reën op Rietfontein
En deur die stof ‘n straal van groen verskyn,
Wanneer die wolke, swart en swaar belaai,
In voue oor die berge pak en swaai,
Dan sit oom Gysbert op die stoep alleen;
Hy asem sag die geur gemeng van stof en reën
En as jy net sy kalm gelaat bespreur,
Sou jy nooit dink iets wonderliks gebeur –
Dat daar ‘n jaar van knagend’ angs verdwyn,
Wanneer dit reën op Rietfontein.
Hierbo
is ʼn
uittreksel uit Wanneer dit reën op Rietfontein,
deur Eugéne Marais.
Eugene Marais, waarskynlik terwyl hy op Rietfontein in die Waterberg gewoon het |
Alhoewel ons dit
nie bo alle twyfel kon vasstel nie, het Marais dié gedig waarskynlik geskryf
terwyl hy op uitnodiging van Gys en Maria van Rooyen tussen 1908 en 1916 op
hulle plaas Rietfontein in die Waterberg gewoon het. Die Waterberg is as 't ware op ons voorstoep geleë.
Dié gediggie herinner sterk aan ons eie inwoners se
dankbare erkentlikheid teenoor ons Hemelse Vader vir die milde reënbuie wat in
die onlangse verlede in ons oord neergestuif het.
Volgens Neels Cornelius (E118) wat elke lewegewende
reëndruppel nougeset aanteken, het hy meer as 350 mm sedert die aanvang van ons
ietwat ongewone reënseisoen
gemeet en opgeskryf.
Berigte dui daarop dat die vlak van plaaslike damme reeds
noemenswaardig gestyg het. Nóg goeie nuus is dat die munisipale waterbeperkings
wat reeds in 2015 ingestel is, onlangs opgehef
is - aldus Andries van der Heyde, ʼn joernalis wat verbonde is aan die plaaslike Pos-koerant.
No comments:
Post a Comment