Welsh en Loura is in
1967 in Pretoria getroud. Sy het hom in 2007 ontval. Loura was ʼn knap pianis, dosent en later musiekonderwyser wat o.a. in die vroeë sewentigerjare die
bekende musieksentrum by die Hoërskool Warmbad van stapel gestuur het.
Twee kinders is uit
hulle huwelik gebore. Hulle seun is onlangs oorlede en hulle dogter is ʼn musiekonderwyser in Heidelberg. Sy het twee dogters. Een is ʼn sielkundige wat in Vietnam werk en die ander een is nog op skool.
Laasgenoemde is van plan om later in die medisyne te studeer.
Welsh
sê dat hy verskeie aftreeoorde oorweeg het nadat hy sy huis in Panoramapark
verkoop het. Sy keuse het op ons oord geval omdat dit bekostigbaar is en die
wooneenheid aan sy verwagtinge voldoen.
No comments:
Post a Comment