Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 23 May 2019

Ons verwelkom nuwe inwoners Nita en Sue

Nita Kearney en Sue Bisschoff
Nita Kearney (71) en Sue Bisschoff (63) het onlangs hulle intrek in E51 geneem. Hulle is by die plaaslike hoofkantoor van Kentucky Fried Chicken (KFC) werksaam. Nita is die opleidingsbestuurder. Sy is verantwoordelik vir die ontwikkeling van KFC-werknemers se bestuursvaardighede. Sue is ʼn administratiewe beampte.

Sue is in Johannesburg gebore en het in Volksrust grootgeword. Nadat sy in 1973 aan die Hoërskool Volkrust gematrikuleer het, het sy hoofsaaklik administratiewe poste beklee, onder andere by verskeie gevangenisse van die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste. Hier het sy sowat vyftien jaar lank gewerk. Sy was in 2001 en 2002 ons oord se administratiewe beampte.

Nita is in Kemptonpark gebore en het in Benoni grootgeword. Sy het in 1966 aan die Hoër Tegniese Skool Benoni gematrikuleer. Hierna het sy as ʼn teller by die voormalige Suid-Afrikaanse Permanente Bouvereniging begin werk. Vervolgens het sy kwalifikasies in nywerheidsverhoudings, traumabera-ding, kreatiewe skryfwerk en joernalistiek behaal. Les bes, sommige kindergedigte uit haar pen is reeds in ʼn kinderpoësiebundel ingesluit en doen sy leeswerk op CD vir swaksiende persone.

No comments:

Post a Comment