Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 16 May 2019

Kontrei-ete

Die doel van die kontrei-ete op 14 Mei was om ʼn geleentheid te skep vir inwoners om in ʼn keurigversierde omgewing gesellig om ʼn smaaklike bord kos te kon saamkuier.

Kwêvoël het al voorheen gewonder hoe die sosiale aksie-groep dit regkry om smullekker geregte soos wildspastei, gebakte hoenderdye, afval, groente én nagereg aan inwoners voor te sit wat net soveel as ʼn Wimpy-hamburger kos. Dan kom die antwoord weer eens ewe beskeie: goeie beplanning, skenkings en die oord se eie uithalerkokke wat hulle dienste gratis beskikbaar stel.

Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.








No comments:

Post a Comment