Pieter (80) en Sophia Maas (79) het onlangs vanaf
Lichtenburg hierheen verhuis.
Pieter en Sophia Maas |
Tot dusver is hulle heel ingenome met hul besluit. Warmbad
is op die platteland, dog naby Pretoria met sy uitmuntende mediese
geriewe. Hierbenewens voel hulle veilig
in die oord en hulle mede-inwoners is vriendelik en behulpsaam. Die feit dat
hulle twee kinders en twee kleinkinders in Pretoria woon, is gewis ʼn pluspunt.
Pieter sê dat hy op ʼn wa naby Springbok
in Namakwaland gebore is. Hy het die skool aan die einde van graad 9 verlaat om
op Pofadder in die poskantoor te werk. Die salaris was maar klein met die
gevolg dat hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit het. Hy het
mettertyd matriek “oor die pos” geslaag, verskeie polisieverwante kursusse
suksesvol deurloop en uiteindelik met die rang van kaptein uit die polisiediens
getree.
Sophia
is op Kenhardt gebore en getoë. Nadat sy matriek aan die Hoërskool Kenhardt
geslaag het, het sy ʼn
onderwysdiploma aan die Onderwyskollege Paarl behaal. Sy het die onderwys op
52-jarige ouderdom vaarwel toegeroep nadat sy haar hele loopbaan lank vir die
graad drietjies skoolgehou het. Haar laaste pos was by die Laerskool Coligny.