Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 17 February 2018

Sakkie en Tienie is nie min trots op hul kleinseun nie

Tienie en Sakkie Wessels

Sakkie en Tienie Wessels (E93) is met reg trots op die prestasies van hul kleinseun, Werner.

Sakkie en Tienie se klein-klong (Foto: Jacques du Preez)
In Rooi Rose-tydskrif skryf CORNEL DUNN onder andere: Die 28-jarige Werner Wessels het reeds die sukses van vyf Mej. SA’s, ‘n Mej. Wêreld en teen die einde van die jaar, ‘n Mej Heelal, verseker.

Demi-Leigh Nel-Peters en Werner ná die kroning van Mej. Heelal (Foto: Jacques du Preez)
Werner se voorliefde vir skoonheidskompetisies kom al van sy kleuterdae af. Min het hierdie seuntjie geweet dat hy jare later so betrokke by die afrigting van sommige van die wenners sou wees.

Werner se bydrae is uniek, maar hy is deel van ‘n uitstekende span, wat hoogs talentvolle modeontwerpers, grimeerkunstenaars, haarstiliste en fotograwe insluit.

Lees gerus die res van die storie in die Maart 2018-uitgawe van Rooi Rose.

No comments:

Post a Comment