Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 8 February 2018

Ons sosiale aksie-portefeulje ploeg (weer eens) terug

Ons het voorheen berig oor die puik diens wat die sosiale aksie-portefeulje aan die oord en sy inwoners lewer. Hierdie groep staatmakers reël funksies wat strek van vetkoekverkopings tot deftige dinees.

Alhoewel die funksies nie ʼn winsoogmerk het nie, gebeur dit soms dat ʼn klein wins wél opgelewer word. Oor die jare heen het dit die sosiale aksie-portefeulje in staat gestel om ʼn bederfie of wat ten bate van die oord en inwoners aan te skaf.

Onlangs het die sosiale aksie-portefeulje besluit om ʼn nuwe stoof aan te koop en aan die oord te skenk. Op die foto hieronder verskyn Bets en Braam Cilliers by die spoggerige nuwe Defy-stoof wat onlangs afgelewer is. Bets is die sekretaris en Braam ʼn gewaardeerde addisionele lid van dié portefeulje.


No comments:

Post a Comment