Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 15 December 2017

Oord treur oor Isabel

Isabel Hattingh
Die inwoners van die Warmbad Renaissance-aftreeoord is onlangs diep geskok weens die onverwagse afsterwe van die 81-jarige Isabel Hattingh op 12 Desember 2017. Isabel en Ampie was die heel eerste inwoners van ons oord. Hulle het op 1 April 1991 hulle intrek in E20 geneem.

Ampie en Isabel Hattingh
Isabel was alom gelief – veral deur diegene met wie sy ten nouste saamgewerk het om die oord se terrein te versorg. Sy was jare lank een van Piet Combrink se getroue en kundige assistente. Die ander twee was die tuinwerkers, Daniel Marakalle en Thomas Mawanganya.  Piet het vanjaar uitgetree nadat hy die bestuurskomitee se omgewingsbewaringportefeulje 14 jaar lank behartig het.

Die foto hieronder toon Piet, Daniel en Thomas wat ‘n witstinkhoutboom ter ere van Isabel op die grasperk voor die administrasiegebou plant.



No comments:

Post a Comment