Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 15 September 2017

Fanie en Dalene Seymore verhuis vanaf Kemptonpark na Bela-Bela


Fanie (65) en Dalene (65) Seymore het onlangs hulle intrek in E53 geneem. Hulle het voorheen op Kemptonpark gewoon.

Dalene is op Brakpan gebore en het in 1970 haar skoolopleiding  aan die Hoërskool vir Kuns, Musiek en Ballet in Pretoria voltooi. Daarna het sy as ‘n verpleegkundige by die H F Verwoerd Hospitaal gekwalifiseer. Die nagdienswerkery by hospitale het haar egter min geval en, nadat sy bedank het, het sy poste by verskeie spesialiste beklee, o.m. by ‘n gastro-enteroloog.

Fanie is in Zeerust gebore en getoë. Hy het in 1970 matriek aan die Hoërskool Zeerust behaal. Hierna het hy ‘n vakleerlingskap as ‘n elektro-meganikus (millwright) by Yskor in Pretoria voltooi. In hierdie hoedanigheid was hy verantwoordelik vir die installasie en instandhoudig van elektriese toerusting. Hy het hom egter mettertyd as ‘n tegniese tekenaar bekwaam. In 1983 het hy ‘n pos by Eskom aanvaar waar hy tot sy uittrede gewerk het.

Die Seymores het pas ‘n droogskoonmakery op Modimolle en ‘n wassery op Bela-Bela aangeskaf. Hulle sê dat hulle tot dusver hulle verblyf in die Bosveld geniet. Hulle voel tuis en veilig in ons oord en het reeds ‘n aantal aangename inwoners ontmoet.

Fanie en Dalene is in 1974 in Waverley getroud. Hulle het een dogter en drie kleinkinders op wie hulle versot is.



No comments:

Post a Comment