Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 15 May 2017

Die kat (-te) kom weer!

Nes die spreekwoordelike kat(-te) wat weer kom, het Sonja (51 ) en Johan (70 ) Smalberger twee jaar nadat hulle elders op die dorp gewoon het, na die veilige rustigheid van Warmbad Renaissance teruggekeer waar hulle voorheen gewoon het.

Johan en Sonja Smalberger
Sonja is die hoof van die Bela-Bela-tak van die Suid-Afrikaanse Poskantoor Bpk. Nadat sy in 1983 aan die Hoërskool Groblersdal gematrikuleer het, het sy by haar huidige werkgewer in diens getree, hard gewerk, talle indienskursusse bygewoon en in 2013 die plaaslike posmeester geword.

Johan is op Volksrust gebore en het op die familieplaas tussen Volksrust en Wakkerstoom grootgeword. Weens spina bifida, ‘n aangebore afwyking van sy ruggraat, is hy fisies gestremd. Hy is egter ‘n intelligente, welsprekende en blymoedige, man wat vir vele uitdagings kans sien. Nadat hy sy skoolloopbaan aan in 1965 aan die Meerhofskool voltooi het, is hy terug plaas toe om te leer boer.

Hulle is in 1988 op Groblersdal getroud en het een dogter en ‘n kleindogter op wie hulle versot is.

No comments:

Post a Comment