Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 19 October 2015

Renaissancers verkneukel hulle in mannekoorfees

Op Sondag 18 Oktober 2015 het 'n groep inwoners met die oord se diensbussie na Modimolle (Nylstroom) gereis om 'n uitvoering van mannekoorsang by te woon.

Aankoms by Castle de Wildt. V.l.n.r verskyn Lienkie Ellis, Ans du Plessis, Rina Breytenbach, Marie Snyman, Alet Erasmus, Rita Vosloo, Dimmie Smith, Mel Smith, Koos Grobler en Linda Grobler. Ander inwoners wat by die vertoning bemerk is, was Braam en Bets Cilliers, John en Miriam Scheepers, Walter en Marie Oberholzer en Karl Fechner.
Die uitvoering is deur die Mannekoor van Nylstroom gereël. Hulle het die mannekore van Pretoria, Potchefstroom, Randburg, Alberton en Nylstroom byeengebring om koorsang uit die boonste rakke aan die waarderende Bosveldergehoor te bring.

Die koorfees is in die hoofsaal van Castle de Wildt op Modimolle gehou. Dié ruim saal met sy uitstekende akoestiek, leen hom tot uitvoerings van hierdie aard. Dit vorm deel van 'n indrukwekkende gebouekompleks met sy kwasi-middeleeuse dekor. Volgens hulle webtuiste, is Castle De Wildt egter meer bekend  as 'n "point of sale, established ... for the selling and marketing of exclusive and rare game."

Die vooraansig van die Castle de Wildt-gebouekomplek
Die indrukwekkende voorportaal
Die gehoor van nagenoeg 800 tot 1000 het hulle verkneukel in die kore se aanbieding van geestelike en sekulêre liedere wat gestrek het van van "Oh come all ye faithful" en Mendelssohn se "But the Lord ... " tot ou Afrikaanse gunstelinge soos "Saartjie van Biesiesvlei" en Anton Goosen se "Klein bietjie wyn".

'n Gedeelte van die gehoor.
Die hoogtepunt van die aand se verrigtinge was ongetwyfeld die massakoor se aangrypende vertolking van die "Soldiers' Chorus" uit Charles Gounod se opera, "Faust", wat die gehoor in vervoering gehad het.

Die massakoor.

No comments:

Post a Comment