Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 9 October 2015

Nóg oud-onderwysmense kies Warmbad Renaissance

Oud-onderwyser Mynhardt Maree (71) en sy eggenote, Annetjie (64), het onlangs hulle intrek in E25 geneem nadat hulle verskeie verblyfopsies in die dorp en distrik oorweeg het. Hulle het voorheen op Mokopane gewoon.

Annetjie en Mynhardt Maree
Mynhardt het onlangs 'n ernstige hartoperasie ondergaan. Hy en Annetjie was dit met mekaar eens dat Warmbad Renaissance en sy legendariese rustigheid die aangewese plek is om sy kragte te herwin. Annetjie sê hulle woon lekker hier in ons pragtige Bosveldoord, dankie - sonder om die gekef van bure se honde hoef te verduur!

Mynhardt is in Pretoria gebore. Hy het in Vanderbijlpark grootgeword waar hy matriek aan die Hoërskool Transvalia geslaag het. Hierna het hy 'n onderwysdiploma aan die toemalige Heildelbergse Onderwyskollege behaal en later, die BA-graad aan die Universiteit van Pretoria.

Annetjie is in die Bosveld gebore en getoeë. Sy het die eerste lewenslig op Alldays aanskou en het die matrikulasie-eksamen met goeie gevolg aan die Hoërskool Louis Trichardt afgelê. Vervolgens het sy haar as 'n sekretaresse bekwaam.

Voor sy aftrede in 2004, was Mynhardt die adjunkhoof van die Waterberg High School op Mokopane. As 'n skoolsekretaresse, was Annetjie tot 2013 die steunpilaar van die hoof van Laerskool Krugerpark - óók op Mokopane.

Mynhardt en Annetjie is reeds 44 jaar getroud. Hulle twee kinders en vyf kleinkinders woon in Pretoria.

No comments:

Post a Comment