Soek 'n berig in Renaissance
Tuesday, 26 November 2024
Tuesday, 19 November 2024
Uittreksels uit die 4de Kwartaal se Nuusbrief
VOORBLAD
“ Daar is
altyd blomme vir dié wat hulle wil raaksien”
- Henri Matisse -
Die Voorsitter se boodskap
Die eerste reënbuie het geval en ons skep moed vir goeie opvolg reën. Dit is nie net hier waar daar droogte is nie maar na al die hewige veldbrande het nood oral ingetree. Met ons buurlande gaan dit ook nie so goed nie. Diere vrek van ʼn tekort aan weiding. In die oord het die waterverbruik die hoogte in geskiet, dan sien ʼn mens wat die verskil is, van ʼn tuin teenoor wat die veld nodig het om voedsel te produseer. Ek doen ʼn beroep op almal dat, wanneer jy jou tuin natmaak, bid vir die boere en plekke waar net reën die uitkoms kan bring.
Die
einde van 2024 is plus minus 60 dae ver en daar moet nog baie sake afgehandel
word. Die Algemene Jaarvergadering, die kies van lede wat op die
Bestuurskomitee gaan dien. Hiermee doen ek dan ook ʼn beroep op die inwoners, as
u weet van persone wat bereid is om op die komitee te dien, hul te nomineer
sodat 2025 se bestuur u goedkeuring sal wegdra.
Ek
en Magda wil net ons dank betuig aan al die inwoners wat per boodskappe en gebede,
ons gedra het tydens haar siekte. Ons dank ons Hemelse Vader vir al die omgee
mense wat Hy oor ons lewenspad gestuur het.
Baie
welkom aan al die nuwe eienaars en huurders wat Renaissance gekies het as ʼn
tuiste. U is welkom om enige tyd per afspraak na my kantoor toe te kom.Ek sal
beskikbaar sal wees.
Seënwense,
Wessie v/d Westhuizen
Friday, 11 October 2024
Monday, 9 September 2024
Wednesday, 21 August 2024
Uittreksels uit die nuutste (3de kwartaal) se Kwevoel
Slangpark is ‘n lus vir die oog
Wessie se brief uit
Pretoria
Sedert die vorige
nuusbrief, het Renaissance baie skommelinge beleef. Heelwat inwoners het verhuis
en ons sal hulle mis. Julle het tydens jul verblyf, positiewe bydraes gelewer
wat ons waardeer. Ons bid julle ’n voorspoedige verblyf toe in jul nuwe
tuistes.
Die Bestuurskomitee is ook
nie gespaar nie. Weens siekte en gesondheids-probleme het Rina Steynberg
bedank. Rina du Toit het bedank as onder-voorsitter vanweë haar man se siekte.
Sy is nog besig om uit te help tot dinge weer rustig raak. Ek self was sedert 3
Junie in Pretoria met Magda se siekte. Baie dankie aan die inwoners vir jul
omgee en gebede. Daar was dae wat my totaal onder gekry het. Dat iemand se
liggaam so vinnig van stabiel tot kritiek kan verander...
Dit het my laat dink aan
die oupa wat vir sy kleinseun vertel het van die twee wolwe wat aan die baklei
is in die mens - die wit wolf (positief) en die swart wolf (negatief).
Op die seuntjie se vraag
watter een wen, het die oupa geantwoord: “Die een wat jy die meeste kos gee.”
Dit het summier my uitkyk
verander en besef dat positiewe gedagtes my die situasie beter sal kan laat
hanteer.
Ons dink ook aan Werner en
ander inwoners met hul gesondheid.
Die jaar snel ten einde en
baie moet nog aangespreek word. Dis nou u voorreg om kandidate te werf vir die
2025 BK. Dankie aan die inwoners wat van ons oord ’n beter plek maak, dit word
waardeer, i.e. die funksies, die bussie, die Kwêvoël, die bestuurslede wat
uithou en aanhou.
Life’s garden
Plant three rows of peas: Peace of
mind, Peace of heart, Peace of soul
Plant four rows of squash: Squash
gossip; Squash indifference; Squash grumbling; Squash selfishness
Plant four rows of lettuce: Lettuce
be faithful; Lettuce be kind; Lettuce be obedient; Lettuce really love one
another
No garden is complete without
thyme: Thyme to care, Thyme to laugh, Thyme for one another
Water freely with patience and
cultivate with love
You will have much fruit in your
garden if you abide by all of these things
Vetkoek bak
Fyn beplanning, die
gaarmaak van vleis vooraf en ‘n welkome deeg-donasie van Pick & Pay – en
die dames van ons oord is aan die werk.
Prettige samekoms, nuwe
intrekkers wat inskakel en ons maak lag-lag korte mette met 200+ vetkoek
bestellings.
XXXX
MJ van den Berg (E100) Ronèl van der Walt
Met genade van Bo, het die Vader ons pa, oupa en oupagrootjie gespaar sodat ons saam met hom sy 95ste verjaarsdag kon vier. Hy het 20 Junie verjaar.
Oupa MJ het 8 kinders, 28 kleinkinders en 17 agterkleinkinders.
God se groter
prentjie Dr Chris Harris
Genesis
45:4-7
Maar hy het
vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle
broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring.
Maar julle
moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God
het my voor julle uitgestuur om lewens te red.
Dit is nou
maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor
waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie.
God het my
voor julle uitgestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat
oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.
God roep ons om verby persoonlike onreg en seerkry te kyk in belang van Sy plan vir ons lewens.
Josef is 'n ondenkbare en intense onreg aangedoen deur sy eie broers wat hom as slaaf verkoop het en sy pa laat glo het dat hy deur 'n roofdier verskeur is (Gen 37: 17-36). 'n Mens kan jou net indink hoe groot sy wroeging en innerlike pyn moes wees. Ons lees van sy oorweldigende emosies toe hy na baie jare sy broers weer voor hom sien staan, sonder dat hulle hom herken het (Gen 42-45). 'n Mens kry die indruk dat hy in hierdie proses moes leer om sy emosies te bestuur en hom moes weerhou van wraak en vergelding - hoewel hy aanvanklik 'n kat en muis speletjie met sy broers gespeel het. In die proses het hulle tot berou gekom oor hulle gruwelike daad van die verlede.
Josef styg bo sy innerlke verwonding uit wanneer hy sy eie verhaal herinterpreteer in die lig van God se groter prentjie: Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red (45:5). Die grootsheid hiervan bring nie net versoening tussen hom en sy broers nie, maar ook 'n toekoms vir sy familie.
Nelson Mandela se bekende woorde oor vergifnis na sy vrylating inspireer my telkens wanneer ek dit lees: As I walked out the door towards the gate that would lead to my freedom, I knew if I didn't leave my bitterness and hatred behind, I'd still be in prison. Sy groot insig as leier word bevestig in sy bekende woorde: As I have said, the first thing is to be honest with yourself. You can never have an impact on society if you have not changed yourself... Great peacemakers are all people of integrity, of honesty, but humility.
God het vir ons voorbeelde uit die Bybelse tyd gegee van sulke visionêre leiers, waarvan Josef een was. Hy het ook in ons moderne tyd gewys dat dit steeds moontlik is. Hy spoor ons daardeur aan om te bly soek na die groter prentjie - verby ons eie pyn en onreg.
My gebed:
Here, help my om bo my eie pyn en
seerkry uit te styg op soek na U groter plan!
XXX
Pafuri Johan Koortz (E32)
Wat begin het met ‘n geselsie oor die voëllewe in die noorde van die Kruger Wildtuin en Pafuri, het uitgeloop op drie kuiers, met pizza om die beurt, by elke eenheid. Ons moes bespreek hoe die “Ons gaan saam”- toer ‘n werklikheid kon word. Daar was natuurlik nie ‘n gebrek aan belangstelling nie en die toer is op kort kennisgewing gefinaliseer. Die gevolg was dat Philip en Ingrid van den Berg (E34), Johann en Linda Benade (E86) en Johann en Bonnie Koorts (E32) met groot opgewondenheid op die 13de Junie 2024 vertrek het na Pafuri waar ons vir ses nagte sou oorstaan en daarna vir twee nagte in Mopanie. Die eerste stop was middagete by die Sitrus Stalletjie naby Tshipise en die eerste aand, heerlike braaivleis en braaibroodjies by ons tentkamp in Nthakeni Bushveld Camp. Ons het elke aand groot vuur gemaak en gelukkig was dit nie koud nie. Die pragtige natuurskoon langs die Levhuvhu-rivier was prentjiemooi en die voëls het nie teleurgestel nie. Met Philip en Ingrid as gidse en hulle uitgebreide kennis na jare se navorsing en boeke skryf, was dit net ‘n onvergeetlike ervaring. Almal was begeesterd om ‘n nuwe voëltjie te identifiseer onder Philip se leiding en daar was nie ‘n oomblik van verveling nie. Die stories om die kampvuur en die ervarings in daardie gedeelte van ons land gedurende die agt dae van die toer, sal ons almal nog lank bybly. Elkeen het op sy manier gesorg vir ‘n snaakse oomblik en daar was baie!
Hoe sê die spreekwoord: “What happens in Pafuri stays in
Pafuri!”
XXX
ONS GROET 'N PAAR INWONERS
Dalla Posthuma (E112)
Na
tien jaar, trek sy Middelburg toe – ons ‘suster’ wat altyd sou help.
Trynie Marx (E114)
Vir
twaalf jaar het Trynie hier gewoon, altyd ’n glimlag op haar gesig. Sy is baie
opgewonde om in Witbank by die kinders te gaan woon.
Barry en Rita Vosloo (E119)
Hulle
trek Tzaneen toe na elf jaar in Warmbad. Barry was voorsitter, onder-voorsitter
en het kommunikasie hanteer vir ’n tyd lank. Hy het die webblad begin en vir
etlike jare die Kwêvoël gedoen. Rita het die sosiale aksie hanteer.
John and Colleen Meredith (U50)
A change of scenery for
these two. They are moving to the Western Cape – George – after seven years in
Bela Bela.
Hennie en Ilse Kotze (E52)
Na amper tien jaar
in Renaissance, verhuis hulle na Pretoria.
XXX
NUWE INTREKKERS
Pieter en Anna Bischoff (E46)
Dié twee toer graag die land vol met hul karavaan en nadat hulle in 2020 vir twee maande in die Warmbad omgewing gekampeer het, het hulle van die klimaat gehou en besluit om Pretoria vaarwel toe te roep en Bela Bela hul tuiste te maak.
Saam het hulle ses dogters en sewe kleinkinders.
Michael Freeman en Rita de Kok (E21)
Michael
en Rita het die stadslewe verruil vir Bela Bela. Michael se twee dogters woon
in die buiteland, Rita se seun woon in Suid-Afrika en haar dogter is ook
oorsee.
Michael
hardloop en lees graag. Rita hou van stap, Pilates en joga. Sy doen graag
naaldwerk. Hulle kyk graag voëls.
Tussen die twee van hulle, het hulle ses kleinkinders.
Kobus en Annette Pretorius
(E131)
Na
dertig jaar in Brakpan, het hulle besluit om af te tree en hul keuse was die
Bosveld.
Annette
hou van tuinmaak, ‘word search’ en blokraaisels – wat sy en Kobus saam aanpak.
Kobus
hou van rekenaarspeletjies en vind altyd iets vir sy hande.
Hulle
het een seun, Jacques, wat in Boksburg woon, nog enkellopend.
Saturday, 15 June 2024
ONS VERWELKOM NUWE INWONERS
Nolene Botes (E83)
Noleen
kan nie stilsit nie. Sy werk tans in die finansiële afdeling van ’n plaaslike
afslaersonderneming.
Sy
het twee kinders. Haar seun woon in Pretoria en haar dogter, in Modimolle. Sy
is die trotse ouma van twee kleingoed.
Haar
wederhelf, Barry, is in 2022 oorlede en het sy hul plaas “Tweefontein” weens
veiligheidsredes vaarwel toegeroep om haar in ons oord te vestig waar sy hoop dat
sy - met die hulp van Bo - ’n nuwe begin en nuwe vriende sal maak.
Noleen
stap graag, skilder, lees en vroetel in die tuin.
Johlene Coetzer (E14)
Johlene
kom oorspronklik van Winterton af waar sy ’n gastehuis bedryf het. Nadat sy
besluit het om dit te verkoop, het sy twee jaar lank in Hermanus gewoon. Sy het
saam met haar dogter by skoonsus, Ingrid van den Berg (E34), kom kuier en summier
besluit om haar in ons oord te vestig.
Haar seun en dogter is in Johannesburg woonagtig. Sy is die trotse ouma van drie kleinseuns
en een kleindogter.
Johlene is ’n kreatiewe persoon wat pragtige leerhandsakke maak.
Friday, 14 June 2024
DIE VOORSITTER VAN DIE BESTUURSKOMITEE SE BOODSKAP - 2/2024
Kwêvoël is een van die die mediums waardeur nuus van die oord
versprei word. Om nuus te publiseer, is dit noodsaaklik dat die inligting waar
en korrek weergegee word. Hoorsê-inligting kan baie verleentheid en
ongelukkigheid veroorsaak by die persoon of persone wat ter sprake is. Indien iemand
te na gekom is, vra ek namens die bestuurskomitee om verskoning vir die foute.
Ons is maar net mense en vertrou dat die inligting wat ontvang word, aan die
vereistes voldoen.
Die bestuurskomitee is
nie ʼn geheime organisasie nie en vra u om te deel met die inwoners wat vir u
mooi is en ook wat vir u ʼn saak van bekommernis is. Dit is nie nodig dat u huis
ʼn plek van afsondering moet wees net omdat u ’n afgetredene is nie. As u
ongelukkig is met ʼn persoon, is dit nie nodig om daardie persoon se eiendom te
beskadig nie. Afguns is ʼn lelike eienskap en dit bring net chaos en
verdeeldheid.
Baie dankie aan die
inwoners wat bereid is om te help met oord-aftiwiteite, byvoorbeeld die bak van
vetkoeke en diegene wat dit koop, die instandhouding van tuine en terrein, bure
wat mekaar help waar daar nood ontstaan, mense wat help wanneer iemand geval
het, wat beseerdes na die dokters neem, die bestuur van die bussie, ens.
Baie dankie aan almal
wat betrokke is by die werksaamhede van die Kwêvoël. As u nie die nuusbrief
wil ontvang nie, sê vir my, dan sal ons nie een in u posbus plaas nie. Dit is
nie nodig om dit op te skeur en in die vullisblik te gooi nie.
Ek wil al die
bestuurslede bedank vir hul ondersteuning. Sterkte vir die res van die jaar
Groete,
Wessie van der Westhuizen
Tuesday, 30 April 2024
Another Goodbye!!
Roger Kennard (U117) is also leaving Renaissance after 19 years on Friday, 26 April 2024, and is moving to 'Huis Herfsblaar'. Unfortunately, he could not join us at the Lapa to say goodbye to him, but we wish him all the best in the future.
Ons groet Hennie Stoop (E91)
Hennie en sy vrou Nella het na sy 60ste verjaarsdag, in Desember 1998 vanaf die Wesrand (Krugersdorp) in sy eie woorde “jonk, fris, lus en gesond” in Renaissance ingetrek.
Daar was geen beduidenis van ‘n tuin nie. Saam met ‘n
handlanger het hulle al die ou sementsakke, platgetrapte verfblikke en klippe
opgegrawe. Eiehandig het Hennie die tuin uitgelê en gevestig en tot vandag
versorg hy nog self die tuin.
Hy was jare lank lid van die Bestuurskomitee en
verantwoordelik vir tuindienste. Die BK lede het almal baie lekker saamgewerk.
Hulle het om die beurt daagliks die hek vir ‘n uur beman tydens die ruil van
die wagte se skofte. Wagte het net 8 ure gewerk.
Die oord het oor ‘n Interkomstelsel beskik wat ‘n baie
effektiewe kommunikasie kanaal was vir alle inwoners. Noodgevalle, tuin- en
instandhoudingsdienste versoeke, alle terugvoer, inligting en kennisgewings het
per interkom geskied.
Een maal per jaar het Renaissance ‘n stokperdjieskou
aangebied, waar inwoners hulle stokperdjies uitgestal en verkoop het. Rusoord,
ouetehuise en ander het uitnodigings ontvang. Stokperdjies het naaldwerk,
skilderkuns, houtsneewerk en vele ander ingesluit.
Vir etlike jare was Hennie ook voorsitter van die veerpyltjies
groep en van Warmbad se stapklub, waarby Nylstroom inwoners ingesluit was.
Hy het goeie jare hier met vriende gehad, liefde ervaar
en ook hartseer beleef met die afsterwe van sy oudste seun in 2005 en 9 jaar
later sy vrou. In Julie 2014 was hulle 55 jaar getroud en sterf sy in diselfde
maand. “Ek gaan met ‘n swaar hart hier weg na 25 jaar”. Hy trek Kaap toe waar
sy dogter woon. Sy gesondheid en veroudering gaan toekomstige ondersteuning en
versorging vereis.
Hennie vier in Maart sy 86ste verjaarsdag in
die Kaap met sy kinders en kleinkinders. Ons wens hom God se seën toe – liefde,
genade en Sy Heilige teenwoordigheid.
Almal het op Woensdag 24 April 2024 by die Lapa amptelik van hom afskeid geneem en sy trekkery het op 25 April plaasgevind. Voorspoed en alles wat mooi is ou Hennie Pennie.
Die Voorsitter se skrywe vir die 1ste kwartaal se Nuusbrief!
Die Voorsitter Wessie van der Westhuizen
Na
die versengende hitte, is ons dankbaar vir die reën wat ons ontvang het. Die
droogte het ons weereens gewys hoe afhanklik die natuur van water is. So is die
mens ook afhanklik van mekaar. Ek het die volgende geskrewe boodskap gelees en
wil dit graag aan u deurgee:
“Ek voel so jammer
vir mense wat mekaar nie kan vergewe nie.
Jammer vir mense
wat mekaar nie kan verdra nie, vir dié wat neersien op ander.
Jammer vir mense
wat dink hulle is beter as ander en hulle so maklik afskryf.
Jammer vir mense
wat ander se verlede teen hulle hou.
Jammer vir hulle
wat dink iemand se waarde word deur materiële dinge en voorkoms bepaal”.
Ons
is hier op aarde om vir mekaar lief te wees, ons is mos immers die beeld van
God. Kom ons respekteer mekaar se menswees. God seën u.
Met
hierdie in gedagte kan ons 2024 en Warmbad Renaissance ʼn vreugdevolle jaar en
tuiste maak.
Monday, 29 April 2024
5. Kersfees 2023 en Nuwejaar 2024!
Net so 'n klein kykie op wat nou al 'n paar maande terug gebeur het.
1.Kersfees funksie was weereens 'n groot sukses. Dit spreek uit die feit dat 128 inwoners dit bygewoon het en die kos was uit die boonste rakke!. Dankie aan ons Funksie groep wat soveel moeite doen om dit vir almal so ver moontlik, dit aangenaam te maak.
Thirty-five residents attended the braai. Sollie made ‘krummelpap’, Esta made the seshebo. It was a pleasant evening.
Saturday, 27 April 2024
4. Die kVA storie gaan voort.
2de Deel van Johann Benadie se kVA verslag
kVA - Hoe word dit gemeet? In ‘n vorige artikel is daar gekyk na wat kVA is. Maar hoe word dit gemeet? Johann Benade kVA is ‘n soort premie wat ons betaal vir die voorreg om altyd voldoende elektrisiteit tot ons beskiking te hê. Wanneer ons sekere gebruikslimiete oorskry, word ons beboet. Wat is die limiete en hoe word die boete bepaal? Die slegte nuus is dat die oomblik wat jy iets in jou huis aanskakel, begin die boete alreeds. Dit is a.g.v. die manier waarop die kVA-meter werk. Daar is nie ‘n minimumlimiet nie en gevolglik sal ons nooit ‘n nul kVA-rekening kry nie. Daar is ook nie ‘n maksimumlimiet nie en gevolglik - “the sky is the limit”. Dink vir ‘n oomblik aan jou kar se spoedmeter wat ook die afstandmeter insluit. Die spoedmeter het ‘n naald wat beweeg soos jy vinniger en stadiger ry. Dit meet koers, nl. km/h. Die afstandmeter toon die afstand aan wat jy gery het , ongeag of jy vinnig of stadig ry, in km. Die een meter dui dus twee verskillende dinge aan, nl. spoed en afstand. Die munisipaliteit se meter, wat Renaissance se elektrisiteitsverbruik meet, werk soortgelyk. Dit meet beide kWh en kVA. Die kWh-meter-gedeelte werk net soos die kWh-meter by elke wooneenheid. Aan die begin van die maand word die lesing geneem en dan weer aan die einde van die maand. Die verskil tussen die twee lesings, is die hoeveelheid elektrisiteit, in kWh, wat jy gedurende die maand gebruik het. Jy kan alles in een dag gebruik, of oor ‘n maand. Die munisipaliteit se kVA-meter werk so: Daar is ‘n elektriese spoel in die meter wat ‘n rooi naald laat beweeg. In die nag, wanneer almal slaap, gebruik ons min krag en die rooi naald beweeg net ’n effens (lae spoed). Wanneer almal opstaan en koffie maak en die geisers aanskakel, wasgoed was en stofsuig, beweeg die rooi naald baie verder (hoë spoed). Daar is egter ook ‘n swart naald - die sg. vlieg in die salf. Die swart naald word deur die rooi naald gestoot. Die swart naald steek vas op die enkele hoogste kVA-lesing wat die rooi naald gedurende die maand mag aandui - al sou die kVA- verbruik en die rooi naald elke nag weer daal. Dit is die boete-snelheid. Die kernbegrip is dat dit ‘n eenmalige gebeurtenis gedurende ‘n betrokke maand is. Dit is dáárdie dag toe té véél inwoners gelyktydig té véél toestelle aangeskakel het, waarskynlik net na ’n kragonderbreking. Dit kan enige dag van die week en enige tyd van die dag gebeur. Nadat die munisipaliteit die lesing van die swart naald aan die einde van die maand geneem het, stel hulle die swart naald weer terug na sero. Daar is ‘n aantal inwoners wat “kragboksies” het wat Eskomkrag gebruik om ‘n battery te laai wat gedurende beurtkrag 230 V wisselstroom kan lewer. Sommige inwoners het groter stelsels wat etlike kW kan lewer. Wanneer die krag na ‘n kragonderbreking weer aanskakel dan begin al hierdie stelsels gelyktydig ook weer om te laai vanaf Eskom. Dit verhoog natuurlik die kVA verbruik en veroorsaak waarskynlik dat ons almal indirek beboet word. Een munisipale meter meet die hele Renaissance se kVA. Al die eenhede se kVA’s word bymekaar getel Renaissance word beboet. Dit differensieer nie tussen inwoners nie. Die kVA aanslag wat Renaissance elke maand van die munisipaliteit ontvang word pro-rata, volgens elke eenheid se kWh-verbruik, toegedeel aan daardie eenheid. Om almal te beskerm hierteen, is die enigste plan dat niemand van ons ooit ‘n hele aantal elektriese toestelle gelyktydig moet aanskakel nie. In motorterme gesê, elkeen moet gedurig so stadig as moontlik ry. Vergelyk dit met Renaissance se bussie wat elke dag Pretoria toe ry, maar elke dag met ‘n ander bestuurder. Party jaag en ander ry rustig. Aan die einde van die maand kry Renaissance al die boetekaartjies saam as een groot boete en al die inwoners moet help betaal aan die boete, ongeag wie die sondebokke is. Inwoners kla dikwels dat hulle kVA-aanslag van maand tot maand varieer, al was hulle kWh verbruik redelik konstant oor maande. Dit is omdat die totale kVA van Renaissance van maand tot maand varieer weens verskeie faktore wat van huis tot huis en maand tot maand wissel. Beurtkrag is een van die faktore en hoe hoër die fase - hoe groter die impak. Daar is opsies wat ons kan aanwend om minder kVA te gebruik, maar dit veroorsaak ongerief. Onthou julle in die jare tagtig met die brandstoftekort toe ons teen 80 km/h moes Kaap of Durban toe ry vir die skoolvakansie en nie snags en oor naweke brandstof kon koop nie? Die ongeluksyfers op die paaie was ook baie laer. Ons het lewens, brandstof en geld gespaar. ‘n Nuwe probleem is ‘n tekort aan water en baie inwoners het ‘n eie noodwatertenk met ‘n klein pompie aangeskaf. Dit werk soos die kragboksies hierbo genoem. By die een laai die batterye wanneer Eskom krag verskaf en die ander tap vol wanneer daar munisipale water is. Beide is slegs oorbruggingstelsels en help jou uit in ’n noodgeval (soos ’n noodwiel). Dink bietjie hieroor na : Na ‘n kragonderbreking skakel al die pompies en al die kragboksies en sowat 200 ys- en vrieskaste almal gelyktydig aan. Plus ‘n klomp geisers, ketels, mikrogolfoonde en selfs lugversorgers. Ons jaag gevolglik deur die kVA-snelstrik. Soos dit ‘n uitgeslape verkeersman betaam, wag hy vir dáárdie dag wat ons die vinnigste ry en vang ons in sy kVA-strik. Een van Murphy se wette. Volgende keer gesels oor noodwaterstelsels in ons Oord.
2. Nuwe webblad
Na ons vorige webblad nooit deur die gasheer onderhou was nie, het die hele ding tot niet gegaan. Na vele rond vraery het ons van Caricke gehoor. Dit is 'n dame wat op Droogekloof bly en feitlik al die besighede wat in die dorp 'n webblad het, gehelp het. Sy het ingestem en na 'n paar maande se wroeg om alles in plek te kry, is ons nou weer op die lug.
Ons is te dankbaar dat die publiek daar buite weer van ons Oord kan kennis neem.
Dus, welkom terug aan almal wat ons nuus opvolg en enige kommentaar hetsy goed of sleg sal waardeer word.
1. Agterstand word ingehaal
Friday, 26 April 2024
3. kVA kwessie
Uittreksel uit die 4de kwartaal se nuusbrief
Van iemand af wat weet waaroor ons inwoners bekommerd is en nie verstaan! Dankie Johann
kVA - Wat is dit ?
Op ons
maandelikse state wat ons vanaf Renaissance ontvang, is daar twee inskrywings
wat betrekking het op elektrisiteit, kWh en kVA.
kWh verwys na die totale hoeveelheid
elektrisiteit wat jy gedurende ‘n bepaalde
maand verbruik.
kVA verwys na die maksimum tempo
waarteen jy elektrisiteit gedurende ‘n
bepaalde tydperk verbruik het. Hierdie tydperk kan van korte duur wees soos ‘n
uur of so. kVA kan gesien word as ‘n soort boete wat gehef word vir ’n te hoë
tempo van verbruik. Dis soos om met jou motor deur ‘n snelstrik te jaag. Hoe
vinniger jy op daardie stadium gery het, hoe hoër is die boete - ongeag of jy
net na Pretoria of dalk na Kaapstad toe oppad was.
Hier
is twee scenarios.
Scenario
A
Jy bak op
Maandag ‘n koek in die oond, Dinsdag kook jy ‘n pot sop op die stoof, Woensdag
besluit jy om te stort en skakel die geiser aan, Donderdag stofsuig jy al die
matte in jou huis, Vrydag was jy wasgoed in jou wasmasjien en tuimeldroog dit
daarna en Saterdag stryk jy al die wasgoed. Jy het dus elke dag een of ander
elektriese toestel in jou huis vir ‘n tydlank gebruik. Daardie verbruik word as
kWh op die meter langs jou huis geregistreer.
Scenario
B
Die
volgende week hoor jy dat iemand kom vir ‘n paar dae kuier en jy moet
noodgedwonge ál die takies wat jy die
vorige week oor ses dae uitgevoer het, nou
sommer in één dag afhandel. Aan die einde van daardie dag het jy net soveel
krag as in scenario A verbruik, so die kWh is dieselfde. Maar hierdie keer het
jy al daardie krag in net één dag gebruik, m.a.w. die tempo van
krag-verbruik was in scenario B baie
hoër as in scenario A. Dit word gemeet in kVA.
So, wat
maak dit saak of ek al die krag in een dag of oor ses dae gebruik? Dis mos
dieselfde hoeveelheid krag! ☹
Gestel jy
gebruik jou eie generator om
elektrisiteit op te wek. In scenario A gebruik jy min krag op ‘n bepaalde
tydstip en ‘n klein generator sal voldoende wees. Jy kan dit selfs afskakel van
tyd tot tyd. In scenario B gebruik jy baie meer krag op ‘n bepaalde tydstip
want jy het die geiser, die oond, die stoof en die wasmasjien dalk alles
gelyktydig aan. Jy sal dus ‘n baie
groter generator benodig en dit sal heeldag aangeskakel moet wees. Wanneer die kuiergaste weer weg is, sal
‘n klein generator weer voldoende wees, maar jy moes noodgedwonge
‘n groter een koop vir tye soos wanneer jy gaste kry. Meeste van die tyd
werk die groot generator egter nou
halfstoom want dit is eintlik té groot . Jy moes egter die kapitale
uitleg maak vir die groter generator wat jy net soms gebruik. Dis onproduktief
en onekonomies.
Eskom is
in dieselfde bootjie. Hulle moet groot kragstasies en groot netwerke en baie
mense hê om elektrisiteit te enige tyd en oral
te verskaf wanneer huishoudings
én fabrieke dit benodig, dag of nag. Snags
en oor naweke en vakansies sluit baie
fabrieke en die kragverbruik verminder drasties, maar al die kragstasies
en netwerke en mense is steeds daar en dit kos deurlopend geld. Omdat die
verbruik dan laer is, is Eskom se inkomste uit die verkoop van elektrisiteit
ook laer, dit is weereens onproduktief
en onekonomies - maar dis nodig. Sien
kVA dus as ‘n soort versekering met ‘n gereelde premie wat ons betaal vir die gerief om altyd
voldoende elektrisiteit te hê. (Knyp maar vir eers jou oë toe vir beurtkrag)
Renaissance
koop grootmaat elektrisiteit aan van die munisipaliteit. Dit word gelewer teen
11 000 Volt, 3-fase. Ons skakel dit om na 230 Volt, 1-fase, en versprei
dit dan na elke wooneenheid. Die rekening vir grootmaat elektrisiteit, soos aan
Renaissance en fabrieke gelewer, bestaan
ook uit kWh- en kVA- komponente. Grootmaat
elektrisiteit, ten spyte van die kVA-heffing, is steeds goedkoper as die elektrisiteit wat aan die
dorpsmense verskaf word teen net kWh-tarief. Grootmaataankope is altyd
goedkoper per eenheid, soos bv. grootmaat melk,
grootmaat toiletpapier en grootmaat mieliemeel.
Die
kVA-rekening vanaf die munisipaliteit word pro-rata volgens elkeen se
kWh-verbruik onder inwoners verdeel. Dit varieer dus maandeliks. Al is
Renaissance se kWh-rekening die volgende maand dieselfde as die vorige maand,
sal die kVA-rekening nogtans verskil, omdat
die tempo van verbruik van dag tot dag en uur tot uur en selfs minuut tot
minuut, varieer. Jy ry nie altyd dieselfde spoed wanneer jy deur die snelstrik
ry nie en gevolglik varieer die boete ook. Hierdie boete word pro-rata onder
inwoners verdeel en wys as jou kVA-aanslag.
Volgende
keer kyk ons na hoe die snelstrik werk en of ons dit dalk kan omseil - of
minstens die boete kan verlaag. 😊