Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 26 July 2020

Staatmaker vereer

Die Voorsitter van die Bestuurskomitee oorhandig ‘n blyk van ons oord se dank en waardering aan Jacky Putter

Jacky Putter werk sedert sedert 1 April 2010 as die Administratiewe Beampte van die oord.

Inwoners hoef  kwalik haar goeie hoedanighede te besing, maar noem tóg graag haar onberispelike lojaliteit, hulpvaardigheid, vriendelikheid en haar ongelooflike vermoë om telefoonnommers te onthou!

Op die foto oorhandig die Voorsitter van die Bestuurskomitee ʼn geraamde sertifikaat aan haar as ʼn blyk van dank en waardering vir die onbaatsugtige diens wat sy die afgelope 10 jaar aan die oord en sy inwoners gelewer het.

Jacky het hierbenewens ook ʼn kontantbonus ontvang.

No comments:

Post a Comment