Isabel Hattingh |
Die inwoners van die Warmbad Renaissance-aftreeoord is onlangs diep
geskok weens die onverwagse afsterwe van die 81-jarige Isabel Hattingh op 12
Desember 2017. Isabel en Ampie was die heel eerste inwoners van ons oord. Hulle
het op 1 April 1991 hulle intrek in E20 geneem.
Ampie en Isabel Hattingh |
Isabel was alom gelief – veral deur diegene met wie
sy ten nouste saamgewerk het om die oord se terrein te versorg. Sy was jare
lank een van Piet Combrink se getroue en kundige assistente. Die ander twee was
die tuinwerkers, Daniel Marakalle en Thomas Mawanganya. Piet het vanjaar
uitgetree nadat hy die bestuurskomitee se omgewingsbewaringportefeulje 14 jaar lank behartig het.
Die foto hieronder toon Piet, Daniel en Thomas wat ‘n
witstinkhoutboom ter ere van Isabel op die grasperk voor die administrasiegebou plant.