Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 17 October 2016

Jan van Blerk is 'n skilder van formaat

"Spaar water. Stof af" was die opskrif van hierdie spotprent wat op 24 Mei 1983 in Die Vaderland verskyn het.

Spotprent van rdl. Max Neppe
Dié skets is een van vele wat ons eie Jan van Blerk (E106) tydens sy termyn as ‘n lid van die Johannesburgse stadsraad van mede-raadslede verewig het. Die spotprent beeld rdl. Max Neppe uit gedurende die nypende watertekort wat in die tagtigerjare landwyd geheers het.

Jan is ‘n skilder van formaat. In die Van Blerks se wooneenheid pryk talle skilderye wat hy oor die jare heen geskilder het

Jean en Jan van Blerk by sommige van Jan se skilderye
In dieselfde uitgawe van Die Vaderland, berig Mariska Spoormaker dat ses voormalige bugemeesters van Johannesburg spog met portretstudies wat Jan van hulle tydens hulle ampsjare geskilder het.

In 1975 het hy een van sy skilderye aan ‘n voormalige Springbok-rugbykaptein, dr. Dawie de Villiers, geskenk. Dr. De Villiers was toentertyd Suid-Afrika se ambassadeur in Londen. Hy skryf aan Jan: "Die kwaggas en die rustigheid van die veld laat ‘n mens se hart met ‘n punt trek."

Selfportret (1982)
Jan sê hy was van kindsbeen af lief vir kuns. As plaaskind het hy op leiklippe geskets en kleiosse gemaak. Dit was so gewild dat hy dit later op bestelling vir maatjies gemaak het.

Later het hy ‘n handelskunstenaar geword nadat hy ‘n driejaarkursus in kuns aan die Kaapse Kunskollege voltooi het.

No comments:

Post a Comment