In die laat tagtigerjare het Renaissance Ontwikkelings (Edms.) Bpk. besluit om hulle vyfde veiligheidsaftreeoord in die legendariese rustigheid van die skilderagtige Bosveld te ontwikkel. En siedaar: Warmbad Renaissance.
People may wonder why the developer decided on the name Renaissance for his development company. What similarity could there be between South African retirement villages in the 20th century and the cultural movement of the same name that started in the late Middle Ages in Italy, and subsequently spread to the rest of Europe?
![]() |
A new dawn is symbolic of the renaissance |
'n Voormalige voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee Nato Britz, het in 2001 só oor die benaming geskryf: "Kyk ons na die geskiedenis van die woord "Renaissance" dan verkies ek die verklaring as herlewing of born again. Dit is tog immers wat hier in Warmbad Renaissance plaasvind. Ons het almal die eerste fase van ons lewe afgesweer en 'n tweede, nuwe, lewensfase betree."
Die "kop" van hierdie webjoernaal beeld 'n Bosveldse sonsopkoms uit. Dit is gekies omdat dit tipies is van die geboorte van 'n nuwe dag in die lewe van elke Warmbad Renaissance-inwoner; elke inwoner ervaar op sy eie manier 'n renaissance in sy/haar lewe.
Volgens aanduidings het die bouwerk aan Warmbad Renaissance in 1989/1990 begin toe die gedreun van stootskrapers en ander swaar grondverskuiwingstoerusting die Bosveldse rustigheid verbreek het.
![]() |
Construction continuing apace |
Die bemarking van eenhede het terselfdertyd in alle erns begin
Looking back, one could be forgiven for paraphrasing Anne Sullivan Macy's pronouncement: “Every renaissance comes to the world with … the gnashing of teeth, the crashing of gears, the snarling of engines and the sweating of brows!”
Dit was op 1 April 1991.
"Toe ons ons intrek in E20 Geneem het," vertel Isabel, "was hier net stof, sand, klippe en fondamente van eenhede wat in aanbou was."
"Die veiligheidsmaatreëls was maar so-so en het slegs bestaan uit twee hekwagte," voeg Ampie by. "Hier was geen omheining nie. Dit het eers later gekom en aanvanklik ook net aan die suidekant kan die oord."
Gras is gou aangeplant en twee werkers, Cry en Dawid, het dit gesny met 'n gras- en randsnyer wat deur die ontwikkelaar voorsien is. Twee vroue, Maria en Nannadie, het die grasperke natgelei.
Die eerste kontrak vir die lewering van 'n tuindiens is in November 1991 gesluit.
Isabel onthou dat gesellige byeenkomste hoofsaaklik bestaan het uit bring-en-braai-funksies wat op die fondamente van eenhede 39 en 40 gehou is. Haar buurvrou, Eppie (klavier) en Dina (melodika), het die musiek verskaf.
Eppie het mettertyd 'n sanggroep gestig wat heelwat aftrek gekry het.
![]() |
Die eerste algemene vergadering is op 24 September 1991 onder die afdak van E19 en 20 gehou |
An unmistakable sign of a developing community was the establishment of the Social Action at this meeting. Its purpose would be to cater for the social needs of residents. A convener was elected and all the ladies present were drafted to form the committee.
The notion of good neighbourliness, i.e. tolerance, caring, friendship and neighbourly love, articulated by a resident at the meeting, has since become the cherished dictum of our community.
Early residents fondly recall that sing-songs, community braais, and Bible Study meetings were well attended in 1991 despite the dusty surroundings and builders' rubble. The highlight of the year was the first Christmas party held in the garage of unit 17.
![]() |
The Wilde Katjiepiering in the garden of U40, was adorned with Christmas decorations in 1991 |
Met vaster tred
Die bewaring van inheemse struike en bome het van meet af aan ‘n hoë prioriteit geniet.
Inwoners het gereeld amptelike boomplantdae gevier waartydens hulle tipiese Bosveldbome aangeplant het.
![]() |
The first Tree Planting Ceremony on 9 August 1991 was conducted by the Mayor, Clr. Wearing. Mrs. Dirkie Wearing and Willie van der Merwe, a resident, look on |
The General Meeting on 15 October 1992, was attended by 35 residents. A nurse/manager was appointed on 1 November 1992.
The community centre was officially opened on 1 December 1992.
![]() |
The community centre comprising administrative offices, a multipurpose hall and kitchen, the library, etc., under construction |
Op 27 Januarie 1993 het Gert Pretorius van die plaaslike dendrologiese vereniging die bal aan die rol gesit om inheemse bome te identifiseer en van naamplaatjies voorsien.
![]() |
Inheemse bome ontvang naamplaatjies |
Koersvas
In 1994 word die grondwet van die Warmbad Renaissance Aftree-oord aangepas om te voldoen aan die vereistes van 'n nuwe wet rakende die bestuur van aftree- en veiligheidsoorde. Hiervolgens vorm die eienaars van eenhede 'n bestuursvereniging en kies 'n bestuurskomitee wat vir die daaglikse bestuur van die oord verantwoordelik is.
Omdat probleme met die wagte by die ingangshek ondervind word, word besluit om 'n hek te installeer wat elektronies beheer kan word. Die posbusse word geïnstalleer en die Lapa word gebou.
1994 is ook gekenmerk deur die deelname van die Renaissance-sanggroep aan, onder andere, die Waterberg Afrikaanse Kunsfees. Die groep het twee goue sertifikate (A+) verwerf. Die beoordelaar het hulle geloof daarvoor dat hulle dit kennelik geniet om te sing en hul geesdrif aansteeklik was.
![]() |
Die Renaissance-sanggroep |
The roof of the Lapa is visible on the right |
![]() |
Die oord se pyltjieklub het in 1994 al goeie ondersteuning geniet |
Snooker players enjoying a game |
Steeds koersvas ondanks ...
1995 word as "'n jaar vol drama" beskryf .
Die bestuurskomitee behartig reeds baie administratiewe funksies self. Aangeleenthede soos die voltooiing van die grondwet en huisreëls (tans gedragsreëls) vereis baie aandag.
Boosdoeners het een nag op die oord toegeslaan en hoofsaaklik by motors ingebreek.
Huiswerkers, in diens van die bestuurskomitee, was tot dusver vir die skoonmaak van wooneenhede verantwoordelik. Hulle is egter ontslaan omdat hulle aan 'n onwettige staking deelgeneem het. Inwoners sou voortaan self verantwoordelik wees vir hulle huiswerkers.
Ander hoogtepunte was die aanstelling van 'n administratiewe beampte pleks van die verpleegster, die installering van 'n luidsprekerstelsel vir die sale en 'n stokperdjie-uitstalling.
Die tagtigste wooneenheid word voltooi.
From 1996 to 2000 normal maintenance and further expansion of the facilities occurred. Social activities were high on the agenda.
![]() |
In 1996 we even had our own drummie squad |
![]() |
Residents celebrating Valentine's Day in 1996 |
Die eerste nuusbrief
Die eerste nuusbrief verskyn in Julie 1996.
![]() |
Renaissance, Vol. 1, No. 1) |
Sommer in hierdie eerste uitgawe verskyn 'n berig waarin die bestuurskomitee "met spyt moet aankondig dat heffings vanaf 1 Augustus 1996 verhoog moet word."
The report continues, "The inevitable increase has further been brought about by the astronomical increase in water consumption since January of this year."
Die inwoners word ook meegedeel dat 'n plaaslike dokter pasiënte een of twee keer per week in die hoofgebou sal spreek. Een van die fisioterapeute op die dorp is eweneens bereid om pasiënte tuis te behandel.
Other aspects that are dealt with includes a weekly trip to the blood pressure clinic by minibus, an appeal to support the library which opens on Mondays and Thursdays, a monthly visit to the Palms in Silverton, disappointment in a lack of interest in activities presented by the Social Committee, residents who are ill, weekly Bible study meetings, a proposed art workshop, weekly fitness exercises, a proposed contract bridge club and the activities of the Renaissance choir.
Ander lede van die redaksie is Jean van Blerk, Corrie du Plessis, Alie Spies, George Meintjies en Piet Nienaber.
In 1999, Theuns Botes, Chairman of the Management Committee, wrote, "Marketing should comprise of a combined undertaking between residents and the developer... A great deal depends on what message we present to the world outside in order to attract prospective buyers."
In 2000 skryf hy dat die snelle ontwikkeling van die afgelope dekade grootliks afgeneem het.
'n Heenkome vir verswakte inwoners
Alhoewel Warmbad Renaissance nie vir die versorging van verswakte bejaardes voorsiening maak nie, is daar 'n ander Renaissance-oord wat 'n aantal jaar gelede vir hierdie doel ingerig is: Palms Renaissance.
Dié oord in Silverton skep sommer by die eerste kennismaking die indruk van 'n oase van netheid, puik organisasie, geborgenheid en rus en kalmte in die hart van hierdie woelige voorstad van Pretoria.
Die voorportaal van Palms Renaissance |
Die inwoners van Warmbad Renaissance het dit nog altyd gerusstellend gevind om te weet dat dat daar 'n plek soos Palms Renaissance is as hulle die stadium van hulle lewe bereik wanneer hulle spesiale versorging nodig het. Trouens, talle persone het reeds van Warmbad na Palms verhuis.
Oor straatname en noodwater
Die redakteur van die nuusbrief skryf soos volg in die Junie 2001-uitgawe: "'n Laan word gewoonlik vereenselwig met 'n smal pad omsoom met bome en tuine - derhalwe het ons lane en nie soseer strate nie. Die name van voëls wat endemies aan hierdie geweste is, is reeds geruime tyd vantevore goedgekeur nadat 'n spesiale komitee 'n voorlegging gedoen het. Die name sluit die volgende in: Visarend, Tiptol, Suikerbekkie, Ibis, Blousysie, Rooivink, Kwikstertjie, Vleiloerie, Tinktinkie, Patrys, Kelkiewyn en Troupant. Kelkiewyn is later vervang met Katlagter. Eersgenoemde kom nie hier voor nie.
Sake verloop soms tydsaam in die Bosveld. In 1999 is die straatname deur die bestuurskomitee goedgekeur, maar die naamborde is eers in 2014 opgerig! |
Hierdie noodwaterwatertenks is in 2010 opgerig |
Hierbenewens het die oord en sy inwoners hulle rustige gang gegaan.
Tegnologiese vernuwing
Vernuwing het die oord in 2014 soos 'n Bosveldse donderstorm getref.
Eerstens is die langverwagte installering van watermeters afgehandel.
Tweedens het die bestuurskomitee die infrastruktuur goedgekeur om kommunikasie na binne en buite te bevorder; om positiewe inligting oor ons oord bekend te stel. Die oord sou voortaan beskik oor 'n webtuiste, 'n webjoernaal (blog) en 'n facebook-blad wat met mekaar ge-link is.
Derdens is 'n groot verbetering in die
Vierdens is een van die oord se getroue werkers, William Baloyi, vanaf 1 Januarie 2015 as faktotum aangestel. Die bestuurskomitee het geoordeel dat hy die aangewese persoon vir om die posisie te beklee aangesien hy na 18 jaar die oord goed ken en die respek en toegeneëntheid van die meeste inwoners geniet.
William Baloyi |
Johnny Meyer is aanvanklik as die voorsitter van die 2015-bestuurskomitee aangewys. Hy moes ongelukkig spoedig sy posisie wees swak gesondheid ontruim. Tydens sy dienstermyn het die oord 'n spoggerige nuwe diensbussie aangeskaf.
![]() |
The old ... |
... and the new |
Die veroudering van die inwoners het unieke uitdagings aan die nuwe voorsitter gestel en hy moes telkemale die kinders van bejaardes wat nie meer selfversorgend was nie, oorreed dat dit raadsaam sou wees om hulle ouer(s) elders te laat versorg.
The greatest single challenge of his term of office proved to be a water crisis that caught Bela-Bela in a state of unpreparedness.
The causes were easy to identify. The area experienced the worst drought since 1982. Poor maintenance of the municipal water infrastructure resulted in water consumption exceeding the water supply.
The library was improved. It was enlarged, and new shelves and venetian blinds were installed.
Emely Langa was rewarded for 20 years of faithful service to our village.
The Chairman of the Management Committee, Gerhard van Rooyen, handing a certificate to Emely in recognistion of 20 years of faithful service to our village |
Our 25th anniversary
As in previous years, 2016 contained highs and lows. As usual, we shall mainly focus on the highlights.
Nadat sy elf jaar lank die oord se biblioteek in beknopte vertrekkies in die administrasiegebou bedryf het, is daar uiteindelik gehoor gegee aan Hester Botes se versugtinge om meer ruimte.
Hester Botes behartig ons biblioteek |
Louis van Wyk het die nuwe rakke aangebring |
Opskeptyd |
Smultyd |
Die ontwikkelaar, Werner Pauw, vertel onderhoudend hoe die oord ontstaan het. |
Frikman Nel |
Wendy and Brian Stone |
William, hier saam met sy kollegas, vertoon die blyk van waardering wat hy van die oord ontvang het |
Now for the next 50 years
In sy Nuwejaarsboodskap het die voorsitter van die bestuurskomitee onder andere soos volg geskryf: “Alhoewel die toekoms uiteraard onbekend is, glo ek dat indien ons ʼn positiewe benadering nastreef, dit ʼn stap in die regte rigting is. Oom Paul hét immers destyds die voorbeeld gestel met sy positiewe uitlating: "Alles zal reg kom als elkeen zijn plig doen." Hy (die voorsitter) het vervolgens ‘n beroep op die inwoners gedoen om die nuwe jaar met ‘n positiewe gesindheid te benader.
Die stroom nuwelinge wat van ons oord hulle aftreeplek wil maak, duur onverpoosd voort.
Nadat hulle sedert 1994 onafgebroke in die oord gewoon het, moes Jan en Jean van Blerk onlangs weens Jan se beroerteaanval na ʼn oord in Bryanston verhuis waar hy gespesialiseerde versorging sal ontvang. Jan was alombekend as Jan Pyp (hy en sy pyp was haas onafskeidbaar) en was in die tagtigerjare die burgemeester van Johannesburg. Die egpaar het twee van Jan se skilderye aan die oord te skenk. Die skilderye word tans in die administrasiegebou uitgestal.
Jean van Blerk oorhandig die skilderye aan die voorsitter van die bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen. |
![]() |
Gebande muishonde |
“Die plante klap hande,” het Isabel Hattingh gejubel nadat meer as 250 mm reën in Januarie ná ‘n uitmergelende droogte, oor ons oord uitgesak het.
Annetjie Doep het gesê dat die grasperke, struike en bome in ons oord bykans drie jaar gelede só mooi vertoon het, ofskoon die grasperke nog nie volkome herstel het nie.
Die foto’s hieronder illustreer die herstelkrag van die plantegroei in ons oord ná die milde reën.
Rina Steynberg (E105) het begin om aan ʼn behoefte in ons oord te voldoen: formele liggaamsoefeninge wat inwoners se individuele beperkinge in ag neem. Sy bied op Maandae en Woensdae om 08:00 in die Lapa ʼn program propvol prettige, nie-inspannende fisieke aktiwiteite aan.
Op die foto hieronder (v.l.n.r.) verskyn Toekie Kok, Renate Schmidt, Rita Vosloo, Ria Bester, Pieter Bester, Rina Steynberg, Lienkie Ellis, Linda Grobler, Anna van Rensburg, Annatjie van Rooyen en Jadene Horne.
On 11 August the 100-strong singing and dancing group, the Ainos Christian Revue Group of the Hennopspark Primary School in Pretoria (pic below), delighted residents with their charming performance in the Nes.
When the developers of our village decided to establish their fifth security retirement village on a property in the tranquil Bushveld town of Warmbaths in the late eighties, one of the (unintended?) consequences was to retain as many of the indigenous trees and shrubs as possible.
Residents soon embraced indigenous trees and shrubs as their legacy and have since dedicated themselves to their conservation. For example, Par.16.3 of our Rules of Conduct states that “trees and plants that have established naturally must not be damaged … “
For the next eight months our monthly newsletter, Kwêvoël, published articles about the indigenous trees that occur in our village. The articles were written and illustrated by Philip van den Berg (U34) who is acclaimed ac renowned environmentalist and wildlife photographer.
![]() |
Philip van den Berg |
Die doel van ʼn straatbraai is om sommer net ander straatbewoners se geselskap te geniet en/of om nuwe inwoners in die buurt te verwelkom.
Die gedagte om ʼn straatbraai te reël ontstaan dikwels spontaan. Die reëlings volg nie ʼn vaste patroon nie. Die venue is iemand se motorafdak. Nog iemand vra die oord se braaitoestelle en tafels aan. Diegene wat voornemens is om die geselligheid by te woon, reël onder mekaar wie die bykosse sal voorsien en elkeen bring sy eie voustoel, eetgerei en drinkgoed saam … en siedaar, ʼn gesellige samekoms sonder dat enigiemand hom of haar oor ‘n mik werk.
Die foto’s hieronder is tydens onlangse straatbraaie geneem.
The late Robin Williams was fond of proclaiming, “Spring is nature’s way of saying, ‘Let’s party.'”
As the picture below shows, the Social Action Group responded to his call and provided a marvellous Bushveld Breakfast in celebration of the onset of spring.
Ondanks die huidige waterskaarste (in teenstelling met die begin van die jaar), doen die meeste inwoners baie moeite om hulle tuine te versorg. Só dra hulle veel by tot die netjiese voorkoms van ons oord. Hieronder verskyn ʼn foto van Chris en Liz Snyders (E97) se tuin.
Die 2018-bestuur van die sosiale aksie-portefeulje is in Oktober verkies. Die 2017-bestuur is net so herkies en bestaan uit Rita Vosloo (sameroeper), Bets Cilliers (sekretaris), Linkie Ellis (tesourier) en Braam Cilliers (addisionele lid).
Op 22 November moes ons oord se sosiale aksie-portefeulje weer eens uithaal en wys toe hulle nagenoeg 100 gemoedelike inwoners tydens ons jaareindgeselligheid op smullekker disse getrakteer het.
Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig oor die feestelikhede.
At the Annual General Meeting on 30 November, the Vice-Chairman of the Management Committee (on behalf of the Chairman) reported that one of our residents started behaving badly since the middle of September by assaulting two elderly men aged seventy seven and ninety one, harassing a fair number of others - particularly our Administrative Officer, Jacky, and several women who live alone - drinking excessively and using foul language when under the influence of liquor. The Management Committee had no choice but to obtain protection orders for Jacky and the ninety-one-year-old resident. In addition, the Management Committee were obliged to engage lawyers at considerable cost to persuade the owner of the unit which he inhabits, to evict him.
Despite a lengthy and stressful process involving two attorneys and the SAPS, the person returned to the village in the middle of November after a sojourn in an institution for alcoholics. Not even a resolution by the Management Committee not to allow him re-entry to the village made any difference.
While commending the Chairman for the sensible manner in which he and others dealt with the matter, the majority of those attending the AGM residents agreed that such thuggery does not become our village and should not be tolerated. They decided to launch a petition in which the Management Committee is urged to take steps to remove him from our village. At the time of writing, the outcome of the petition is not known. Any action by the Management Committee, if any, will be reported next year.
Queen Elizabeth II referred to 1992 as an Annus Horribilis - which means “horrible year” in Latin. The Chairman could be forgiven for viewing 2017 in the same light.
However, despite open-heart surgery and the toxic presence of the resident whose unacceptable behaviour is described above, he remains cheerful and committed to the interests of our village and its residents. Hy bly een van diegene in ons oord wat nie net ontvang nie, maar in oormaat gee. Or, to paraphrase John F Kennedy, he does not ask what Warmbad Renaissance can do for him, but what he can do for Warmbad Renaissance.
By dieselfde geleentheid is mnre. Venter De Jager (Pretoria) Ing. aangestel as die oord se ouditeurs en die bestuurskomitee vir 2018 aangewys. Kyk foto hieronder.
![]() |
Ons geliefde Isabel Hattingh |
2020
Meet the new Management Committee:
Rear, f.l.t.r.: Flip Dreyer (Maintenance), Frikman Nel (Managing Agent), Braam Cilliers (Asst. Secretary), Gerhard van Rooyen (Security), Marius Laubscher (Water & Electricity Consumption), Wessie van der Westhuizen (Administration).
Front, f.l.t.r.: Jadene Horne (Gardens), Werner Pauw (Developer), Barry Vosloo (Chairman & Communication), Neels Cornelius (Vice-Chairman & Gardens) and Marie Snyman (Residents’ Support).
Absent: Ingrid van den Berg (Secretary), Gerhard Swart (Gardens) and Elsa Erasmus (Finance)
When the Management Committee for 2020 was recently chosen, I knew that they are a competent and hardworking team. After all, I have known them for a long time. Their capabilities are a great comfort to me because I assumed the position of Chairman with some trepidation, acutely aware of my own limitations. Please allow me to introduce them to you.
Neels Cornelius het sy man in ʼn hoogs mededingende sakeomgewing gestaan. Ingrid van den Berg was die vise-rektor van ʼn ondewyskollege in Natal. Flip Dreyer het afgetree as ʼn senior ingenieursassistent by Eskom. Philip van den Berg was jare lank die hoof van omgewingsopvoeding in Natal en gerespekteerde natuurkundige, Elsa Erasmus het op haar dag ʼn besige konstruksiemaatskappy in Phalaborwa bedryf. Marie Snyman was ʼn tyd lank ʼn dosent in dierkunde aan ʼn onderwyskollege in Natal. Wessie van der Westhuizen, een van ons twee gebore Namibiërs, het vroeër geboer dat die stof staan. Gerhard van Rooyen was ʼn suksesvolle sakeman. Marius Laubscher, nóg een van ons gebore Namibiërs, is ʼn ketelmaker van nering. Braam Cillers het jare lank die onderwys met groot toewyding gedien. Edna Cornelius was ʼn dosent in Afrikaans aan ʼn onderwyskollege aan die Rand. Jadene Horne was op haar dag ʼn knap bankamptenaar. Gerhard Swart het sy spore as ʼn takbestuurder by die Landbank verdien. En, les bes, die Voorsitter het jarelange onderwyservaring in Natal agter die blad.
Our village is indeed blessed to have such a diverse group of individuals who strive to attain a common goal in their declining years, i.e. to diligently serve our community - even if they are not paid for it!
The Social Action Committee was elected at a well-attended meeting of stalwarts on 9 January 2020. The committee (see photograph below) comprises (f.l.t.r.) Rita Vosloo (Additional Member), Elize Yeo (Finances), Edna Cornelius (Convenor) and Elize Strydom (Secretary).
Chris (92) en Esther (91) Limbach is ons oudste inwoners. Hulle het vier en twintig jaar gelede hul intrek in E127 geneem en bewoon nog al die jare dieselfde eenheid. Hulle is relatief gesond en, soos die foto hiernaas toon, blink Esther se oë steeds na al die jare as sy na Chris kyk. Op sy beurt kan Chris nie sy hande van haar af hou nie. Dit wys jou mos: ou liefde roes nooit.
‘n Nuwe pestilensie het die wêreld onverhoeds getref: ‘n uiters gevaarlike virus.
Volgens berigte het die virus teen die einde van verlede jaar by ’n mark in die stad Wuhan, Sjina, ontstaan waar “onwettige transaksies met wilde diere” plaasgevind het. Die stad het ongeveer 11 miljoen inwoners. Die mark is van die begin van die jaar af reeds gesluit.
Die virus staan as die coronavirus, oftewel COVID-19, bekend. Dis ’n nuwe vorm van die virus wat nog nie vantevore in mense gevind is nie. Die naam is afgelei van die vorm van die virus onder ’n mikroskoop: dié van ’n kroon (corona).
Daar is tans nie ’n teenmiddel vir die virus nie.
Die eerste bevestigde geval in Suid-Afrika van die COVID-19-siekte is op 4 Maart 2020 aangemeld.
President Cyril Ramaphosa het op 23 Maart aangekondig dat ‘n “lockdown” vanaf middernag op Donderdag, 26 Maart sal geld. Die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee het onmiddellik alle sosiale aktiwiteite in die oord tot verdere kennisgewing opgeskort.
The last social function, the second out of ten planned for 2020, was the Leap Year Braai. See photograph below:
Die ernstige droogte en munisipale waterbeperkings wat ons sedert 2015 ondervind het, het skade aan ons oord se openbare ruimtes aangerig.
Die Bestuurskomitee het derhalwe op sy vergadering van 30 Januarie 2020 besluit om Philip van den Berg (E34) te benoem as die projekleier om aan die probleem aandag te skenk. Philip is ʼn gerespekteerde omgewingskundige. Gegewe die beskikbaarheid van die nodige fondse, is die Bestuurskomitee vol vertroue dat hy en sy span die skade mettertyd sal herstel.
Die eerste fase van die herstelproses, die opgradering van die vierkant voor die administrasiegebou, is gou afgehandel.
Philip is vol lof vir inwoners wat meer plante aangedra het as wat hy kon gebruik. Hierbenewens het tuinliefhebbers telkens hulle hulp en kundigheid aangebied.
Die tweede fase sal aan die begin van die nuwe groeiseisoen aandag geniet.
Op die onderstaande foto staan Philip en sy assistent, Moses Mbaya.
Jacky Putter werk sedert 1 April 2010 as die Administratiewe Beampte van die oord.
Inwoners hoef kwalik haar goeie hoedanighede te besing, maar noem tóg graag haar onberispelike lojaliteit, hulpvaardigheid, vriendelikheid en haar ongelooflike vermoë om telefoonnommers te onthou!
Op die foto hieronder oorhandig die Voorsitter van die Bestuurskomitee ʼn geraamde sertifikaat aan haar as ʼn blyk van dank en waardering vir die onbaatsugtige diens wat sy die afgelope 10 jaar aan die oord en sy inwoners gelewer het. Jacky het hierbenewens ook ʼn kontantbonus ontvang.
Apart from the interference with our daily existence caused by the COVID-19 pandemic, our residents have had to contend with six major disruptions to our water supply.
The photograph below illustrates repairs being carried out to yet another serious water leakage on 6 and 7 July. Fortunately the interruption to our water supply was cleverly managed by Wessie van der Westhuizen (U120), Neels Cornelius (U118), Flip Dreyer (U59) and Gerhard van Rooyen (U92) resulting in a fairly consistent water supply throughout the two days.
The water consumption for the communal areas of our village has been unusually high during the past year. It is suspected that this may have been caused by our ageing water infrastructure.
ANDRIES VAN DER HEYDE skryf in Die Pos-koerant van 11 September: ʼn Groep inwoners van Bela-Bela beywer hulle daarvoor om ʼn botaniese tuin op die Alma-pad buite die dorp te vestig in ʼn poging om die natuur vir die nageslag te bewaar en terselfdertyd te keer dat ʼn onwettige plakkerskamp tot teenaan die dorp se woongebied [insluitend Wambad Renaissance] uitbrei.
Tinus Ras, DA-raadslid, het onlangs ‘n video versprei waarin gevra word dat inwoners die projek sal ondersteun om die oorblywende deel van Gedeelte 25 (die gedeelte wat van die dorpsreservoirs tot teenaan die Alma-pad en Warmbad Renaissance strek) in ʼn botaniese tuin te omskep.
Inwoners het besluit om dié stuk grond op eie koste te omhein. Die munisipaliteit het reeds mondelings toestemming daarvoor gegee, maar die projek sal afskop sodra skriftelike goedkeuring verkry is, het Ras gesê.
Johan Mills, voorsitter van die Bela-Bela-belastingbetalersforum is ten nouste betrokke by die projek.
“Hierdie projek kan die bewaring van die flora van Limpopo op ʼn wetenskaplike wyse vestig en bydra tot ons dorp as toerismebestemming en as poort tot die ervaring van die Waterberg-biosfeer en Limpopo. Ons moet egter kan bewys dat die projek beduidende steun in die gemeenskap geniet.”
Mills het voorts gesê die idee is reeds deur die provinsiale department van natuurbewaring verwelkom en word in beginsel deur die die Suid-Afrikaanse Botansiese Instituut ondersteun.
ʼn Versoekskrif is intussen rondgestuur waarop mense hulle steun aan die beoogde projek kon betuig. Mills het gesê hoe meer mense dit ondersteun, hoe groter is die druk op amptenary om die ontwikkeling gunstig te oorweeg.
Die Voorsitter van die Bestuurskomitee het op 15 September die loodskomiteevergadering bygewoon. Philip van den Berg (E34) sal ons oord in die reëlingskomitee verteenwoordig.
Die meegaande foto’s bied ʼn blik op die terrein. Die boonste foto is vanaf die ingang van die Tuintuisteaftreeoord in die rigting van ons oord geneem terwyl die onderste een ʼn uitsig vanaf die dorpsreservoirs in die rigting van die dorp bied. Ons oord lê links.
ʼn Hewige storm met reën, wind en hael het Bela-Bela op 6 November 2020 in die vroeë oggendure getref.
Die stormwind het ʼn geskatte veertien bome in ons oord ontwortel en talle ander beskadig. Ons pragtige tuine het ook erg deurgeloop. Gelukkig was daar geen skade aan die wooneenhede nie.
Drie koorsbome het die noord-oostelike hoek van ons veiligheidsomheining verwoes (foto bo). Galven Security het egter gou op 'n lid ven die Bestuurskomitee se versoek gereageer en ʼn veiligheidswag daar geplaas. Tydelike herstelwerk is reeds gedoen. Die heining sal mettertyd ten volle opgeknap word.
Inwoners betuig graag hulle waardering aan Jannie en sy tuindiensspan wat onverpoos geswoeg het om die omgevalle bome op te saag en te verwyder.
Ons werkers het eweneens gewoel en gewerskaf om orde uit die chaos te skep.
Inwoners durf ook nie die bydrae van Galven Security geringskat nie. Afgesien van die veiligheidswag wat die maatskappy op kort kennisgewing voorsien het om die gaping in die veiligheidsomheining te bewaak, lewer hulle lank reeds uitstekende diens aan ons oord. Hulle personeel vertoon te alle tye netjies en tree deurgaans vriendelik, hoflik en behulpsaam teenoor ons inwoners op.
COVID-19: Is there a light at the end of the tunnel?
Our village has been hugely blessed. Up to now, none of our residents have been infected by the coronavirus.
However, it would be foolish to think that the danger is over. We are not out of the woods yet.
Nonetheless, recent news reports have brought more than a glimmer of hope.
On 18 November 2020 pharmaceutical companies, Pfizer and BioNTech, announced that they have developed a vaccine that is highly successful in the treatment of COVID-19.
On 23 November 2020 Oxford University and AstraZeneca proclaimed that they have developed a vaccine that will prevent many people from getting ill.
It has been shown to work in different age groups, including the elderly. There are early indications that it might also help to stop the spread of the disease.
Sarah Gilbert, professor of vaccinology at the University of Oxford, said, “The announcement today takes us another step closer to the time when we can use vaccines to bring an end to the devastation caused by COVID-19.”
Prof Andrew Pollard, the chief investigator of the Oxford vaccine trial, added that they have found that one of their dosing programmes may be about 90% effective.
In an interview with CNN, Soumya Swaminathan, chief scientist at the World Health Organization, said that she feels very optimistic about the latest coronavirus vaccine news.
South Africans are unlikely to get a COVID-19 vaccine before the second quarter of next year.
The first in line are expected to be health care professionals, followed by the elderly as the country undertakes a national roll-out pending the approval of the South African Health Products Regulatory Authority (SAHPRA)
In the short-term, residents were urged to wear face masks, maintain social distancing and regularly wash their hands.
In sy jaarverslag op 26 November, bring die Voorsitter van die Bestuurskomitee soos volg hulde aan die 2020-Bestuurskomitee: “Each Management Committee member – including the late Braam Cilliers and Jadene Horne - dealt with their duties without remuneration, but with immense commitment. Consequently our village was managed unselfishly, cheerfully and proficiently.
Maar meer nog as dit: ek is innig dankbaar vir die lojale ondersteuning wat ek van hulle ontvang het. Ek het aan die begin van die jaar gesê dat ek met só ‘n BK sal oorlog toe gaan. Min het ek – én hulle - geweet van die veldslae wat voorlê. Hulle was ware staatmakers. Hulle diensbaarheid aan ons gemeenskappie was voorwaar prysenswaardig."
2021
Op die foto hierbo verskyn ʼn groep staatmakers wat onlangs aangewys is om binnenshuise sosiale byeenkomste te reël sodra COVID-19-beperkings dit toelaat. Hulle is (v.l.n.r.) Edna Cornelius (Sekretaresse), Marlene Bisset (Sameroeper), Rina Steynberg (Bestuurskomiteelid: Sosiaal) en Elize Yeo (Tesourier).
Sedert die ontstaan van ons oord in 1991 was die doel van hierdie byeenkomste om aan inwoners die geleentheid te bied om mekaar beter te leer ken en gesellig te verkeer.
The payment of KVA (Kilo Volt Amps) in addition to a household’s normal electricity costs, has long been a bone of contention for residents. Many have regarded the installation of pre-paid electricity meters as the solution because, in their view, it would remove the KVA component from their electricity accounts.
A Special General Meeting of the Warmbad Renaissance Management Association was held in the Nes on 15 April 2021 (see photo below and note the social distancing!) to consider the possible changeover from the current electricity supply system where electricity is billed and paid for on a post-usage basis, to a prepaid system where users would have to buy units in advance to have access to electricity.
In terms of the Sectional Title Schemes Management Act, the conversion required a majority of 75% of members of the Association (or their proxies) present at the meeting.
The meeting was informed that the total cost of the conversion would amount to approximately R323 000. Should the proposal be adopted, the cost would be funded from our reserve funds. It was further emphasised that the installation would be done by the municipality on an all or nothing basis.
After a brief discussion the meeting resolved that prepaid electricity meters should not be installed in our village.
Intussen vier die oord vanjaar sy dertigste bestaansjaar. ʼn Volledige geskiedenis van ons oord word in die Voorsitter se kantoor geliasseer.
In sy boodskap aan die inwoners, skryf die Voorsitter, Wessie van der Westhuizen, soos volg: “In die laat tagtigerjare het Renaissance Ontwikkelings (Edms.) Bpk. besluit om hulle vyfde sekuriteitsaftreeoord in die legendariese rustigheid van die Bosveld te ontwikkel. En siedaar: die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftreeoord.
Die eerste inwoners, Ampie en Isabel Hattingh, het op 1 April 1991 hulle intrek in E20 geneem.
Die eerste Voorsitter van die Bestuurskomitee, wyle Henry van Nieuwenhuizen en sy komitee het in die jare 1992, 1993, 1995, 1996 en 2003 ʼn enorme bydrae gelewer om bestuurstelsels tot stand te bring wat, hoewel dit mettertyd ietwat verfyn is, vandag steeds gebruik word.
Ek bring graag hulde aan Henry se opvolgers:
Gawie Stols (1994), Fred van Wijk (1994 en 1995), John Roets (1997), Theuns
Botes (1998 tot 2000), Nato Britz (2001, 2002 en 2006), Joepie Bekker (2004),
Tom Vaughan (2004 en 2005), Johnny Meyer ( 2006 tot 2011, 2013 en 2015),
Hannetjie Pretorius (2012), Barry Vosloo (2014 en 2020), Gerhard van Rooyen
(2015 tot 2018), Dirk van den Berg (2019). Vanjaar is dit my beurt. Ek vertrou
dat ek sal kan voortgaan met hul goeie werk.
Bestuurskomiteelede, werknemers, inwoners, ontwikkelaars en bestuursagente het die afgelope 30 jaar eweneens ʼn aansienlike bydrae gelewer om Warmbad Renaissance as een van die toonaangewende aftreeoorde in ons geweste te vestig.”
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het op 10 Junie 2021 bekend gemaak dat Suid-Afrika nou amptelik ʼn derde vlaag COVID-19-infeksies beleef.
Dit het die Julie-uitgawe van Kwêvoël genoop om die skadu wat die pandemie die afgelope sowat vyftien maande oor ons oord gewerp het, in oënskou te neem.
Sedert president Cyril Ramaphosa se “lockdown”-aankondiging op 23 Maart 2020, het ons oord wette en regulasies wat deur die regering uitgevaardig word, nougeset nagekom. Die bestuurskomitee kommunikeer voortdurend met inwoners om hierdie belangrike boodskap te beklemtoon.
Die pandemie het o.a. tot gevolg dat alle amptelike sosiale aktiwiteite in die oord tot verdere kennisgewing opgeskort is. Wetgewing bepaal dat alle landsburgers gesigmaskers buite hul wonings moet dra, dat die vereiste sosiale afstand gehandhaaf moet word en dat hande gereeld ontsmet moet word.
Ons veiligheidswagte by die hoofingang pas streng toegangsbeheer toe. Byvoorbeeld: nie-inwoners se temperatuur word deur middel van ʼn digitale infra-rooi termometer gemeet. Persone wie se temperatuur 38ºC oorskry, word summier toegang tot die oord geweier.
Almal behoort teen hierdie tyd daarvan bewus wees dat die periode tussen blootstelling aan ʼn persoon wat aan COVID-19 ly tot die aanvang van die simptome (bekend as die inkubasie-tydperk) twee tot veertien dae is. Inwoners moet dus ten minste 14 dae lank self-isolasie toepas indien hulle vermoed dat hulle blootgestel was aan iemand wat die virus onder lede het.
Vanjaar het die verskriklike impak van die pandemie ons oord laat steier. Tot dusver was die bestuurskomitee genoodsaak om minstens sewe wooneenhede onder kwarantyn te plaas omdat die inwoners óf positief vir COVID-19 getoets het óf kontak gehad het met persone wat die virus onder lede het.
Die voorsitter van die bestuurskomitee het reeds ʼn beroep op inwoners gedoen om besoeke van vriende en familie aan die oord te ontmoedig. Hy het ons ook aangeraai om ons eie besoeke aan bestemmings elders sover moontlik te beperk. Ons móét immers die verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie en ander inwoners se welstand.
Daar is darem twee brokkies goeie nuus ook. Inwoners was dankbaar om onlangs te verneem dat die drie apteke op die dorp begin het om COVID-19-inentings toe te dien. Hierbenewens berig Business Insider, South Africa soos volg: “Limpopo is leading South Africa’s COVID-19 vaccine rollout, with more than 66% of its senior citizens registered for their jabs and 6.37% of the province’s adult population having already received at least one dose.”
In September Kwêvoël contained an article about Jacob’s pride and joy. Knight Rider was an American action crime television series originally broadcast from 1982 to 1986. The show starred David Hasselhoff as Michael Knight, a high-tech crime fighter assisted by KITT, an advanced, artificially intelligent, self-aware, and indestructible car.
Please meet our village’s equivalent (almost!) of KITT: a bicycle modified to an astonishing degree by one of our maintenance workers, Jacob Mfati.
A solar panel mounted on the luggage compartment converts the sun's energy to electricity that is transmitted to a battery via an inverter. The electricity thus generated powers various gadgets on the bicycle, for example an amplifier that accepts a flash drive to provide music while travelling. Jacob’s cell phone is also connected to the amplifier and is accessed via a microphone.
In the same issue, it was also reported that 433 feel-good stories and articles about our village and its residents had been posted to the official Renaissance blog since its inception. If anyone would like to read any of these, he/she may Google the blog address (renaissancebushveldliving.blogspot.com), then click on “Renaissance in the Bushveld” in order to gain entry to the blog.
A number of links are to be found under the heading “ARGIEF” in the side-bar on the right-hand side of the main page. Click on any of the links, e.g. “2013”. The headings of all the stories and articles that were posted during that year, will appear on the main page. Then, simply click on the heading of the story that you would like to read in order to access the full text.
In October it was reported that the Management Committee had announced the resumption of social activities on the distinct understanding that the prescribed COVID-19 protocols are followed, i.e. sanitization of hands, wearing of face masks, social distancing and limiting attendance to 50% of the capacity of the venue .
Various activities had therefore taken place since the announcement, including a gathering to herald the onset of spring, bingo, physical exercises, handwork/needlework, darts, library (see photograph below), and snooker/pool.
Further activities, including board games, coffee bar, excursions, talks on interesting topics and jukskei are envisaged.
Die oord se maandelikse nuusbrief, Kwêvoël, is in Oktober onder die loep geneem.
Ons oord se eerste nuusbrief (heel bo) verskyn in Julie 1996. In sy voorwoord skryf die redakteur, Giel Rossouw: “Hier is ons eerste nuusbrief - nog in sy kinderskoene en bes moontlik mank aan gebreke - maar met die vooruitsig dat hy van krag tot krag sal vorder.”
In Junie 2015 ondergaan die nuusbrief ʼn gedaanteverwisseling en kry
selfs ʼn nuwe naam, t.w. Kwêvoël (bo).
Alhoewel Kwêvoël sedertdien hoofsaaklik ʼn “one man show” was, is daar gepoog om aan sy doelstelling uitvoering te gee, nl. om 'n positiewe beeld van ons oord na binne en buite uit te dra sodat inwoners ingelig bly en buitestaanders kennis neem van ons oord en sy goeie eienskappe. Ter aanvulling hiervan moes (a) keurige en korrekte Afrikaans en Engels gebruik word (b) sekere berigte ook op die webjoernaal (blog) geplaas word en (c) kontensieuse en platvloerse inhoud vermy word.
Oor ʼn tydperk van nagenoeg 6 jaar het gereelde rubrieke soos bv. die voorsitter se boodskap, bekendstelling van nuwe inwoners, stories oor ou inwoners, in memoriam, oordaktiwiteite en sosiale aktiwiteite verskyn. Hierbenewens is ʼn aantal reekse geplaas, insluitend die geskiedenis van die oord, die plant- en dierelewe wat in die oord aangetref word, die gedragsreëls van die oord, die geskiedenis van Warmbad/Bela-Bela, die Waterberg, ens. Les bes, het interessante (hopelik!) artikeltjies verskyn soos die liefdesverhaal van Tristan en Isolde, asook besienswaardighede wat in ons land en elders ter wêreld aangetref word.
Die tyd vir vernuwing het egter aangebreek. Om hierdie rede is ʼn ad hoc-komitee in die lewe geroep om Kwêvoël onder die loep te neem. ʼn Gedeelte van hierdie proses behels ʼn meningspeiling van ons inwoners. Vir hierdie doel is ʼn vraelys aan inwoners gestuur met ʼn vriendelike versoek om dit te voltooi en vóór 20 Oktober in ʼn houer in die voorportaal buite Jacky se kantoor te plaas.
Namens die Ad hoc-komitee, bestaande uit Roedolph Botha (sameroeper), Wilma Pretorius en Herman le Roux, doen Roedolph op 16 November doen soos volg verslag: “Baie dankie aan almal wat die vraelys voltooi en terug gestuur het (d.w.s. 24% van die inwoners wat dit uit die posbusse gehaal het).
Uit die terugvoer is dit duidelik dat omtrent almal die gereelde rubrieke toepaslik vind. Van die rubrieke kan dalk kwartaalliks verskyn.
Die items onder Allerlei ( Christelike gedagte, briewe, koop- en verkoopkolom, verjaarsdae) het ook positiewe terugvoer ontvang. Die uitdaging is om die items binne die POPPI-wet, wat persoonlike inligting beskerm, asook die beperkte spasie in Kwêvoël te hanteer. Terugvoer oor die kundige groepe moet ook kwartaalliks gegee word.
Die reekse is interessant gevind, maar die frekwensie moet kwartaalliks wees. Die beskikbaarstelling van die inligting oor die ou reekse sal ondersoek word.
Die nuwe Bestuurskomitee sal die saak verder bespreek en kyk hoe ons die publikasie kan vernuwe en moontlik elektronies beskikbaar maak. Hulle sal ook kyk of van die inligting op ‘n meer gepaste manier en plek beskikbaar gemaak kan word.”
A very successful Year-end Function was held on 16 November; the first since 2019. COVID-19 protocols were observed, the organisation was superb, a cheerful atmosphere prevailed among the large number of helpers, and the guests enjoyed a delicious meal in an attractively decorated venue.
The photographs below provide an overview of the proceedings
Die 2022-bestuurkomitee en hul portefeuljes is op 25 November tydens die jaarlikse algemene vergadering verkies. (Hulle + hulle portefeuljes) soos volg: Wessie van der Westhuizen (Voorsitter), Roedolph Botha (Ondervoorsitter), Werner Pauw (Ontwikkelaar), Frikman Nel (Bestuursagent), Elsa Erasmus (Onderhoud). Lirpa Kuntz (Sekretaris), Ria Nel (Sosiale Aksie), Rina Steynberg (Administrasie) en Rina du Toit (Tesourier).
In his Annual Report, the outgoing Chairman of the
Management Committee, Wessie van der Westhuizen, informed the Management
Association that he is sincerely grateful to all residents who contributed to
the wellbeing of the Warmbad Renaissance community in the face of many
challenges, among which COVID-19 was perhaps the most devastating.
Wessie het voorts sy dank en waardering teenoor
bestuurskomiteelede en ander vrywilligers betuig wat die oord en sy inwoners
met toewyding gedien het. Dit sluit die uittredende bestuurskomiteelede, die
redaksie van Kwêvoël, asook diegene wat die sosiale aktiwiteite
behartig, in.
“A few innovations should also be noted,” Wessie
said, “including the introduction of expert groups, the installation of a vent
valve at the southeast water meter, an investigation into the implementation of
solar power systems, and access to an internet fibre system.”
Hy het met leedwese melding gemaak van ses inwoners
wat die afgelope jaar te sterwe gekom het. Nogtans het ons elf nuwe inwoners
verwelkom wat Warmbad Renaissance as hul aftreetuiste gekies het. Hy sien uit
na die bydrae wat hulle tot voordeel van die oord kan lewer.
In closing, Wessie wished all residents a blessed
Christmas and a prosperous New Year.
2022
Tydens die algemene jaarvergadering van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging wat op 25 November 2021 gehou is, is die 2022-bestuurskomiteeverkies. Hulle en die portefeuljes wat hulle sal behartig, is soos volg: Wessie van der Westhuizen (Voorsitter), Roedolph Botha (Ondervoorsitter), Werner Pauw (Ontwikkelaar), Frikman Nel (Bestuursagent), Elsa Erasmus (Onderhoud), Lirpa Kuntz (Sekretaris), Ria Nel (Sosiale Aksie), Rina Steynberg (Administrasie) en Rina du Toit (Tesourier).
Social activities in our village have resumed this year under the able leadership of Marlene Bisset and her Functions Group.
It should be noted that the main purpose of these
events is to enable residents to meet socially. If a profit is made, it is set
aside to pay for something to benefit the village and its residents. In the
past, the village was presented with a new stove, an urn, a refrigerator,
curtains and Venetian blinds for the Nes, and various kitchen appliances.
The photographs below show some of the activities.
Andries van der Heyde berig soos volg in Die Pos-koerant van 17 Junie: Die droom om ̓n botaniese tuin in Bela-Bela tot stand te bring, het die afgelope week weer ̓n hupstoot gekry.
Die
idee het reeds in 2020 by ̓n groep inwoners posgevat om die stuk grond wat
aan die Renaissance-aftreeoord en die Alma-pad grens, in ̓n
bewaringsgebied te omskep. Dié grond behoort aan die
Bela-Bela-munisipaliteit.
Samesprekings
het met die munisipaliteit plaasgevind en amptenare het aangedui dat hulle die
projek in beginsel goedkeur.
Die
COVID-19-pandemie het egter onderhandelinge gestuit. Die loodskomitee het eers
weer op Woensdag, 8 Junie vergader. Arnaud le Roux (foto onder) is as nuwe
voorsitter verkies in die plek van Johan Mills wat as munisipale raadslid
verkies is. Arnaud is die seun van ’n inwoner van ons oord, dr. Hans le Roux
(E135).
Sake soos die uitleg van die tuin, befondsing, omheining, arbeid en die
pad vorentoe is op die vergadering bespreek.
In ̓n opvolgberig op 22 Julie, skryf Van der Heyde: Arnaud le Roux foto
bo), die nuwe voorsitter van die loodskomitee, het op Donderdag 14
Julie ̓n voorlegging aan Gloria Seleka, Bela-Bela-burgemeester, Themba
Mnisi, hoof van plaaslike ekonomiese ontwikkeling, asook Sephalo Mokgoloa van
die plaaslike ekonomiese bestuurskantoor, gedoen.
![]() |
‘n Kameraspan van die
kykNET-televisieprogram, “Met ̓n huppel in die stap”, het ons oord
onlangs besoek om ̓n opname van ons plek te maak (foto onder). Die program is op 17
Augustus om 17:30 op kykNET (kanaal 144) gebeeldsend.
Links verskyn die aanbieder,
Simon Bruinders.
Die aanplanting en versorging van die inheemse bome in Warmbad
Renaissance was van meet af aan vir die bestuurskomitee en inwoners ʼn saak van
erns. Terwyl ons oord in 1989/1990 in aanbou was, het die ontwikkelaar alles
moontlik in die werk gestel om nie die inheemse bome op die terrein te beskadig
nie.
Net soos ons, het alle
bome name, vgl. worsboom, blompeer,
wildepruim, ens. Hulle is pragtige inheemse bome wat ons oord verfraai.
Die botaniese name is universeel. Die populêre name verskil soms van streek tot streek. Sommige genusname het intussen ook verander, byvoorbeeld die Acacia genus het na Senegalia (foto’s hieronder) en Vachelia verander Hierbenewens moes die bome wat nog nie van naamplaatjies voorsien is nie, ook aandag kry. Alle inheemse bome, maar ook ’n paar mooi uitheemse bome, is van naamplaatjies voorsien.
Gertie Oosthuizen van die dendrologiese vereniging, het deur bemiddeling van Ingrid van den Berg (E34), goedgunstiglik kom help om bome te identifiseer. Sy het 72 naamplaatjies teen R10 elk aangebring (foto onder). Gertie het nog ʼn paar plaatjies wat sy ekstra gehad het, aan die oord geskenk. Bome wat nuut aangeplant is, soos byvoorbeeld die wit-stinkhout en karee wat Piet Combrinck vroeër op die grasperk voor die administrasiekantoor aangeplant het, is eweneens van naamplaatjies voorsien
Ons het ʼn aantal seldsame bome in ons oord. Die bosveld-saffraan wat naby E116 groei is een hiervan. Hierdie boom word ernstig in sy natuurlike omgewing bedreig en mag nie beskadig word nie. Die alombekende maroela is nog een, so ook die kremetartboom wat by E123 aangeplant is. Die poerabessie voor E119 is nie alombekend nie, waarskynlik omdat dit eintlik ʼn tropiese plant is wat selde in Suid-Afrika aangetref word.
Daar is min inwoners van ons oord wat nie ’n
sagte plekkie vir inheemse bome het nie.
Toon Botes (onder) was gewis een hiervan. Hy en Hester was 52 jaar
getroud voordat hy haar in 2013 ontval het. Hester woon in E130.
Hester sê dat Toon besonder lief was vir kremetartbome, oftewel Adansonia digitata.
Hy het die volgende op die boom se
naamplaatjie geskryf: “Die boom ontkiem Des. 1996,” en “Hier geplant Sept.
2001.” (foto onder).
Dié kremetartboom is dus vanjaar 26 jaar oud en is reeds ʼn enorme boom.
Tydens die Algemene Jaarvergadering van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging
op 24 November, is ʼn mosie deur ʼn komitee van die Kundige Groep: Finansies en
Instandhouding goedgekeur. Die komitee bestaan uit Charles Smit, Johann Benade
en Wessie van der Westhuizen.
Hierdie mosie behels twee elemente, t.w. ʼn ondersoek (a) om sonkrag in
die wagkamer te installeer en (b) om ons veiligheidsomheining te elektrifiseer.
Die komitee is gemagtig om voort te gaan met die ondersoek. Dit sluit
die vra van tenders om die werk te verrig, in. Die koste van die projek mag nie
meer as R170 000 beloop nie en sal uit bestaande reserwefondse onttrek word.
Die tenderaars sal genooi word om tydens ʼn ope vergadering voorleggings
aan die Kundige Groep: Finansies en Instandhouding te doen. Inwoners sal
uitgenooi word om die vergadering by te woon en vrae te stel. Hierdie
vergadering sal vervolgens ʼn aanbeveling vir goedkeuring by ʼn
bestuurskomiteevergadering ter tafel bring.
Die jaar word afgesluit met ‘n jaareindgeselligheid wat oudergewoonte
puik was. Foto’s wat tydens die geleentheid geneem is, verskyn hieronder.
SOURCES/BRONNE
- Warmbad Renaissance 10, 'n gedenkblad wat in 2001 uitgegee is ter viering van die tiende bestaansjaar van Warmbad Renaissance.
- Foto-album en aantekeninge saamgestel deur Willie van der Merwe.
- Verskeie nuusbriewe.
- Gesprekke met verskeie inwoners.
No comments:
Post a Comment