Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday, 19 November 2024

Uittreksels uit die 4de Kwartaal se Nuusbrief

                                                                           VOORBLAD


“ Daar is altyd blomme vir dié wat hulle wil raaksien”

-      Henri Matisse -


Die Voorsitter se boodskap

Die eerste reënbuie het geval en ons skep moed vir goeie opvolg reën. Dit is nie net hier waar daar droogte is nie maar na al die hewige veldbrande het nood oral ingetree. Met ons buurlande gaan dit ook nie so goed nie. Diere vrek van ʼn tekort aan weiding. In die oord het die waterverbruik die hoogte in geskiet, dan sien ʼn mens wat die verskil is, van ʼn tuin teenoor wat die veld nodig het om voedsel te produseer. Ek doen ʼn beroep op almal dat, wanneer jy jou tuin natmaak, bid vir die boere en plekke waar net reën die uitkoms kan bring.

Die einde van 2024 is plus minus 60 dae ver en daar moet nog baie sake afgehandel word. Die Algemene Jaarvergadering, die kies van lede wat op die Bestuurskomitee gaan dien. Hiermee doen ek dan ook ʼn beroep op die inwoners, as u weet van persone wat bereid is om op die komitee te dien, hul te nomineer sodat 2025 se bestuur u goedkeuring sal wegdra.

Ek en Magda wil net ons dank betuig aan al die inwoners wat per boodskappe en gebede, ons gedra het tydens haar siekte. Ons dank ons Hemelse Vader vir al die omgee mense wat Hy oor ons lewenspad gestuur het.

Baie welkom aan al die nuwe eienaars en huurders wat Renaissance gekies het as ʼn tuiste. U is welkom om enige tyd per afspraak na my kantoor toe te kom.Ek sal beskikbaar sal wees.

Seënwense,




Wessie v/d Westhuizen