Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 21 August 2024

Uittreksels uit die nuutste (3de kwartaal) se Kwevoel

 Neem asseblief kennis dat alle berigte geplaas sal word sonder meegaande persoonlike fotos want slegs met toestemming van die persone wie se fotos verskyn, mag dit geplaas word. Groot boetes kan gevra word as 'n persoon se foto sonder medewete op sosiale media verskyn. Ek loop liewers katvoet met sulke dinge. Die Nuusbrief met al die bygaande fotos is egter aan al die inwoners beskikbaar hetsy in hul posbusse of per e-pos.

Slangpark is ‘n lus vir die oog 








Wherever life plants you - bloom with grace







XXX

Wessie se brief uit Pretoria

Sedert die vorige nuusbrief, het Renaissance baie skommelinge beleef. Heelwat inwoners het verhuis en ons sal hulle mis. Julle het tydens jul verblyf, positiewe bydraes gelewer wat ons waardeer. Ons bid julle ’n voorspoedige verblyf toe in jul nuwe tuistes.

Die Bestuurskomitee is ook nie gespaar nie. Weens siekte en gesondheids-probleme het Rina Steynberg bedank. Rina du Toit het bedank as onder-voorsitter vanweë haar man se siekte. Sy is nog besig om uit te help tot dinge weer rustig raak. Ek self was sedert 3 Junie in Pretoria met Magda se siekte. Baie dankie aan die inwoners vir jul omgee en gebede. Daar was dae wat my totaal onder gekry het. Dat iemand se liggaam so vinnig van stabiel tot kritiek kan verander...

Dit het my laat dink aan die oupa wat vir sy kleinseun vertel het van die twee wolwe wat aan die baklei is in die mens - die wit wolf (positief) en die swart wolf (negatief).

Op die seuntjie se vraag watter een wen, het die oupa geantwoord: “Die een wat jy die meeste kos gee.”

Dit het summier my uitkyk verander en besef dat positiewe gedagtes my die situasie beter sal kan laat hanteer.

Ons dink ook aan Werner en ander inwoners met hul gesondheid.

Die jaar snel ten einde en baie moet nog aangespreek word. Dis nou u voorreg om kandidate te werf vir die 2025 BK. Dankie aan die inwoners wat van ons oord ’n beter plek maak, dit word waardeer, i.e. die funksies, die bussie, die Kwêvoël, die bestuurslede wat uithou en aanhou.

XXX

Life’s garden

Plant three rows of peas: Peace of mind, Peace of heart, Peace of soul

Plant four rows of squash: Squash gossip; Squash indifference; Squash grumbling; Squash selfishness

Plant four rows of lettuce: Lettuce be faithful; Lettuce be kind; Lettuce be obedient; Lettuce really love one another

No garden is complete without thyme: Thyme to care, Thyme to laugh, Thyme for one another

Water freely with patience and cultivate with love

You will have much fruit in your garden if you abide by all of these things


XXX

Vetkoek bak

Fyn beplanning, die gaarmaak van vleis vooraf en ‘n welkome deeg-donasie van Pick & Pay – en die dames van ons oord is aan die werk.

Prettige samekoms, nuwe intrekkers wat inskakel en ons maak lag-lag korte mette met 200+ vetkoek bestellings.

XXXX


MJ van den Berg (E100)                                                      Ronèl van der Walt

Met genade van Bo, het die Vader ons pa, oupa en oupagrootjie gespaar sodat ons saam met hom sy 95ste verjaarsdag kon vier. Hy het 20 Junie verjaar.

Oupa MJ het 8 kinders, 28 kleinkinders en 17 agterkleinkinders.  


XXX

God se groter prentjie                                                              Dr Chris Harris 

 

Genesis 45:4-7

Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring.

Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.

Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie.

God het my voor julle uitgestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.

 God roep ons om verby persoonlike onreg en seerkry te kyk in belang van Sy plan vir ons lewens.

 Josef is 'n ondenkbare en intense onreg aangedoen deur sy eie broers wat hom as slaaf verkoop het en sy pa laat glo het dat hy deur 'n roofdier verskeur is (Gen 37: 17-36). 'n Mens kan jou net indink hoe groot sy wroeging en innerlike pyn moes wees. Ons lees van sy oorweldigende emosies toe hy na baie jare sy broers weer voor hom sien staan, sonder dat hulle hom herken het (Gen 42-45). 'n Mens kry die indruk dat hy in hierdie proses moes leer om sy emosies te bestuur en hom moes weerhou van wraak en vergelding - hoewel hy aanvanklik 'n kat en muis speletjie met sy broers gespeel het. In die proses het hulle tot berou gekom oor hulle gruwelike daad van die verlede.

 Josef styg bo sy innerlke verwonding uit wanneer hy sy eie verhaal herinterpreteer in die lig van God se groter prentjie: Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red (45:5).  Die grootsheid hiervan bring nie net versoening tussen hom en sy broers nie, maar ook 'n toekoms vir sy familie.

 Nelson Mandela se bekende woorde oor vergifnis na sy vrylating inspireer my telkens wanneer ek dit lees: As I walked out the door towards the gate that would lead to my freedom, I knew if I didn't leave my bitterness and hatred behind, I'd still be in prison.  Sy groot insig as leier word bevestig in sy bekende woorde: As I have said, the first thing is to be honest with yourself. You can never have an impact on society if you have not changed yourself... Great peacemakers are all people of integrity, of honesty, but humility.

 God het vir ons voorbeelde uit die Bybelse tyd gegee van sulke visionêre leiers, waarvan Josef een was. Hy het ook in ons moderne tyd gewys dat dit steeds moontlik is. Hy spoor ons daardeur aan om te bly soek na die groter prentjie - verby ons eie pyn en onreg.

 My gebed:

Here, help my om bo my eie pyn en seerkry uit te styg op soek na U groter plan!

                                                           XXX

Pafuri                    Johan Koortz (E32)


Wat begin het met ‘n geselsie oor die voëllewe in die noorde van die Kruger Wildtuin en Pafuri, het uitgeloop op drie kuiers, met pizza om die beurt, by elke eenheid. Ons moes bespreek hoe die “Ons gaan saam”- toer ‘n werklikheid kon word. Daar was natuurlik nie ‘n gebrek aan belangstelling nie en die toer is op kort kennisgewing gefinaliseer.  Die gevolg was dat Philip en Ingrid van den Berg (E34), Johann en Linda Benade (E86) en Johann en Bonnie Koorts (E32) met groot opgewondenheid op die 13de Junie 2024 vertrek het na Pafuri waar ons vir ses nagte sou oorstaan en daarna vir twee nagte in Mopanie. Die eerste stop was middagete by die Sitrus Stalletjie naby Tshipise en die eerste aand, heerlike braaivleis en braaibroodjies by ons tentkamp in Nthakeni Bushveld Camp. Ons het elke aand groot vuur gemaak en gelukkig was dit nie koud nie. Die pragtige natuurskoon langs die Levhuvhu-rivier was prentjiemooi en die voëls het nie teleurgestel nie. Met Philip en Ingrid as gidse en hulle uitgebreide kennis na jare se navorsing en boeke skryf, was dit net ‘n onvergeetlike ervaring. Almal was begeesterd om ‘n nuwe voëltjie te identifiseer onder Philip se leiding en daar was nie ‘n oomblik van verveling nie. Die stories om die kampvuur en die ervarings in daardie gedeelte van ons land gedurende die agt dae van die toer, sal ons almal nog lank bybly. Elkeen het op sy manier gesorg vir ‘n snaakse oomblik en daar was baie!

Hoe sê die spreekwoord: “What happens in Pafuri stays in Pafuri!”     

XXX

ONS GROET 'N PAAR INWONERS 

Dalla Posthuma (E112)

Na tien jaar, trek sy Middelburg toe – ons ‘suster’ wat altyd sou help.

Trynie Marx (E114)

Vir twaalf jaar het Trynie hier gewoon, altyd ’n glimlag op haar gesig. Sy is baie opgewonde om in Witbank by die kinders te gaan woon.

Barry en Rita Vosloo (E119)

Hulle trek Tzaneen toe na elf jaar in Warmbad. Barry was voorsitter, onder-voorsitter en het kommunikasie hanteer vir ’n tyd lank. Hy het die webblad begin en vir etlike jare die Kwêvoël gedoen. Rita het die sosiale aksie hanteer.

John and Colleen Meredith (U50)

A change of scenery for these two. They are moving to the Western Cape – George – after seven years in Bela Bela.

 Hennie en Ilse Kotze (E52) 

 Na amper tien  jaar in Renaissance, verhuis hulle na Pretoria.

XXX

NUWE INTREKKERS

Pieter en Anna Bischoff (E46)

Dié twee toer graag die land vol met hul karavaan en nadat hulle in 2020 vir twee maande in die Warmbad omgewing gekampeer het, het hulle van die klimaat gehou en besluit om Pretoria vaarwel toe te roep en Bela Bela hul tuiste te maak.

 Saam het hulle ses dogters en sewe kleinkinders.

 Michael Freeman en Rita de Kok (E21)

Michael en Rita het die stadslewe verruil vir Bela Bela. Michael se twee dogters woon in die buiteland, Rita se seun woon in Suid-Afrika en haar dogter is ook oorsee.

Michael hardloop en lees graag. Rita hou van stap, Pilates en joga. Sy doen graag naaldwerk. Hulle kyk graag voëls.

Tussen die twee van hulle, het hulle ses kleinkinders. 

Kobus en Annette Pretorius (E131)

Na dertig jaar in Brakpan, het hulle besluit om af te tree en hul keuse was die Bosveld.

Annette hou van tuinmaak, ‘word search’ en blokraaisels – wat sy en Kobus saam aanpak.

Kobus hou van rekenaarspeletjies en vind altyd iets vir sy hande.

Hulle het een seun, Jacques, wat in Boksburg woon, nog enkellopend.