Wessie se brief uit
Pretoria
Sedert die vorige
nuusbrief, het Renaissance baie skommelinge beleef. Heelwat inwoners het verhuis
en ons sal hulle mis. Julle het tydens jul verblyf, positiewe bydraes gelewer
wat ons waardeer. Ons bid julle ’n voorspoedige verblyf toe in jul nuwe
tuistes.
Die Bestuurskomitee is ook
nie gespaar nie. Weens siekte en gesondheids-probleme het Rina Steynberg
bedank. Rina du Toit het bedank as onder-voorsitter vanweë haar man se siekte.
Sy is nog besig om uit te help tot dinge weer rustig raak. Ek self was sedert 3
Junie in Pretoria met Magda se siekte. Baie dankie aan die inwoners vir jul
omgee en gebede. Daar was dae wat my totaal onder gekry het. Dat iemand se
liggaam so vinnig van stabiel tot kritiek kan verander...
Dit het my laat dink aan
die oupa wat vir sy kleinseun vertel het van die twee wolwe wat aan die baklei
is in die mens - die wit wolf (positief) en die swart wolf (negatief).
Op die seuntjie se vraag
watter een wen, het die oupa geantwoord: “Die een wat jy die meeste kos gee.”
Dit het summier my uitkyk
verander en besef dat positiewe gedagtes my die situasie beter sal kan laat
hanteer.
Ons dink ook aan Werner en
ander inwoners met hul gesondheid.
Die jaar snel ten einde en
baie moet nog aangespreek word. Dis nou u voorreg om kandidate te werf vir die
2025 BK. Dankie aan die inwoners wat van ons oord ’n beter plek maak, dit word
waardeer, i.e. die funksies, die bussie, die Kwêvoël, die bestuurslede wat
uithou en aanhou.
XXX
Life’s garden
Plant three rows of peas: Peace of
mind, Peace of heart, Peace of soul
Plant four rows of squash: Squash
gossip; Squash indifference; Squash grumbling; Squash selfishness
Plant four rows of lettuce: Lettuce
be faithful; Lettuce be kind; Lettuce be obedient; Lettuce really love one
another
No garden is complete without
thyme: Thyme to care, Thyme to laugh, Thyme for one another
Water freely with patience and
cultivate with love
You will have much fruit in your
garden if you abide by all of these things
XXX
Vetkoek bak
Fyn beplanning, die
gaarmaak van vleis vooraf en ‘n welkome deeg-donasie van Pick & Pay – en
die dames van ons oord is aan die werk.
Prettige samekoms, nuwe
intrekkers wat inskakel en ons maak lag-lag korte mette met 200+ vetkoek
bestellings.
XXXX
MJ van den Berg (E100) Ronèl van der Walt
Met genade van Bo, het die
Vader ons pa, oupa en oupagrootjie gespaar sodat ons saam met hom sy 95ste
verjaarsdag kon vier. Hy het 20 Junie verjaar.
Oupa MJ het 8 kinders, 28
kleinkinders en 17 agterkleinkinders.
XXX
God se groter
prentjie Dr Chris Harris
Genesis
45:4-7
Maar hy het
vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle
broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring.
Maar julle
moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God
het my voor julle uitgestuur om lewens te red.
Dit is nou
maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor
waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie.
God het my
voor julle uitgestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat
oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.
God roep ons om verby persoonlike
onreg en seerkry te kyk in belang van Sy plan vir ons lewens.
Josef is 'n ondenkbare en intense
onreg aangedoen deur sy eie broers wat hom as slaaf verkoop het en sy pa laat
glo het dat hy deur 'n roofdier verskeur is (Gen 37: 17-36). 'n Mens kan jou
net indink hoe groot sy wroeging en innerlike pyn moes wees. Ons lees van sy
oorweldigende emosies toe hy na baie jare sy broers weer voor hom sien staan, sonder
dat hulle hom herken het (Gen 42-45). 'n Mens kry die indruk dat hy in hierdie
proses moes leer om sy emosies te bestuur en hom moes weerhou van wraak en
vergelding - hoewel hy aanvanklik 'n kat en muis speletjie met sy broers
gespeel het. In die proses het hulle tot berou gekom oor hulle gruwelike daad
van die verlede.
Josef styg bo sy innerlke verwonding
uit wanneer hy sy eie verhaal herinterpreteer in die lig van God se groter
prentjie: Maar julle moet nou nie sleg
voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle
uitgestuur om lewens te red (45:5).
Die grootsheid hiervan bring nie net versoening tussen hom en sy broers
nie, maar ook 'n toekoms vir sy familie.
Nelson Mandela se bekende woorde
oor vergifnis na sy vrylating inspireer my telkens wanneer ek dit lees: As I walked out the door towards the gate
that would lead to my freedom, I knew if I didn't leave my bitterness and
hatred behind, I'd still be in prison.
Sy groot insig as leier word bevestig in sy bekende woorde: As I have said, the first thing is to be
honest with yourself. You can never have an impact on society if you have not
changed yourself... Great peacemakers are all people of integrity, of honesty,
but humility.
God het vir ons voorbeelde uit die
Bybelse tyd gegee van sulke visionêre leiers, waarvan Josef een was. Hy het ook
in ons moderne tyd gewys dat dit steeds moontlik is. Hy spoor ons daardeur aan
om te bly soek na die groter prentjie - verby ons eie pyn en onreg.
My gebed:
Here, help my om bo my eie pyn en
seerkry uit te styg op soek na U groter plan!
XXX
Pafuri Johan Koortz (E32)
Wat begin het met ‘n geselsie oor die voëllewe in die
noorde van die Kruger Wildtuin en Pafuri, het uitgeloop op drie kuiers, met
pizza om die beurt, by elke eenheid. Ons moes bespreek hoe die “Ons gaan saam”-
toer ‘n werklikheid kon word. Daar was natuurlik nie ‘n gebrek aan
belangstelling nie en die toer is op kort kennisgewing gefinaliseer. Die gevolg was dat Philip en Ingrid van den
Berg (E34), Johann en Linda Benade (E86) en Johann en Bonnie Koorts (E32) met
groot opgewondenheid op die 13de Junie 2024 vertrek het na Pafuri waar ons vir ses
nagte sou oorstaan en daarna vir twee nagte in Mopanie. Die eerste stop was middagete by die Sitrus Stalletjie naby Tshipise en
die eerste aand, heerlike braaivleis en braaibroodjies by ons tentkamp in
Nthakeni Bushveld Camp. Ons het elke aand groot vuur gemaak en gelukkig was dit
nie koud nie. Die pragtige natuurskoon langs die Levhuvhu-rivier was
prentjiemooi en die voëls het nie teleurgestel nie. Met Philip en Ingrid as
gidse en hulle uitgebreide kennis na jare se navorsing en boeke skryf, was dit
net ‘n onvergeetlike ervaring. Almal was begeesterd om ‘n nuwe voëltjie te
identifiseer onder Philip se leiding en daar was nie ‘n oomblik van verveling
nie. Die stories om die kampvuur en die ervarings in daardie gedeelte van ons
land gedurende die agt dae van die toer, sal ons almal nog lank bybly. Elkeen
het op sy manier gesorg vir ‘n snaakse oomblik en daar was baie!
Hoe sê die spreekwoord: “What happens in Pafuri stays in
Pafuri!”
XXX
ONS GROET 'N PAAR INWONERS
Dalla Posthuma (E112)
Na
tien jaar, trek sy Middelburg toe – ons ‘suster’ wat altyd sou help.
Trynie
Marx (E114)
Vir
twaalf jaar het Trynie hier gewoon, altyd ’n glimlag op haar gesig. Sy is baie
opgewonde om in Witbank by die kinders te gaan woon.
Barry
en Rita Vosloo (E119)
Hulle
trek Tzaneen toe na elf jaar in Warmbad. Barry was voorsitter, onder-voorsitter
en het kommunikasie hanteer vir ’n tyd lank. Hy het die webblad begin en vir
etlike jare die Kwêvoël gedoen. Rita het die sosiale aksie hanteer.
John and Colleen Meredith
(U50)
A change of scenery for
these two. They are moving to the Western Cape – George – after seven years in
Bela Bela.
Hennie en Ilse Kotze (E52)
Na amper tien jaar
in Renaissance, verhuis hulle na Pretoria.
XXX
NUWE INTREKKERS
Pieter en Anna Bischoff (E46)
Dié twee toer
graag die land vol met hul karavaan en nadat hulle in 2020 vir twee maande in
die Warmbad omgewing gekampeer het, het hulle van die klimaat gehou en besluit
om Pretoria vaarwel toe te roep en Bela Bela hul tuiste te maak.
Saam het hulle
ses dogters en sewe kleinkinders.
Michael Freeman en Rita de
Kok (E21)
Michael
en Rita het die stadslewe verruil vir Bela Bela. Michael se twee dogters woon
in die buiteland, Rita se seun woon in Suid-Afrika en haar dogter is ook
oorsee.
Michael
hardloop en lees graag. Rita hou van stap, Pilates en joga. Sy doen graag
naaldwerk. Hulle kyk graag voëls.
Tussen
die twee van hulle, het hulle ses kleinkinders.
Kobus en Annette Pretorius
(E131)
Na
dertig jaar in Brakpan, het hulle besluit om af te tree en hul keuse was die
Bosveld.
Annette
hou van tuinmaak, ‘word search’ en blokraaisels – wat sy en Kobus saam aanpak.
Kobus
hou van rekenaarspeletjies en vind altyd iets vir sy hande.
Hulle
het een seun, Jacques, wat in Boksburg woon, nog enkellopend.