Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 26 April 2024

kVA kwessie

 Uittreksel uit die 4de kwartaal se nuusbrief

Van iemand af wat weet waaroor ons inwoners bekommerd is en nie verstaan! Dankie Johann

kVA  -  Wat is dit ?                                                                     

Op ons maandelikse state wat ons vanaf Renaissance ontvang, is daar twee inskrywings wat betrekking het op elektrisiteit, kWh en kVA.

kWh verwys na die totale hoeveelheid elektrisiteit wat jy gedurende ‘n bepaalde  maand verbruik.

kVA verwys na die maksimum tempo waarteen  jy elektrisiteit gedurende ‘n bepaalde tydperk verbruik het. Hierdie tydperk kan van korte duur wees soos ‘n uur of so. kVA kan  gesien word as ‘n soort boete wat gehef word vir ’n te hoë tempo van verbruik. Dis soos om met jou motor deur ‘n snelstrik te jaag. Hoe vinniger jy op daardie stadium gery het, hoe hoër is die boete - ongeag of jy net na Pretoria of dalk na Kaapstad toe oppad was.

Hier is  twee scenarios.

Scenario A

Jy bak op Maandag ‘n koek in die oond, Dinsdag kook jy ‘n pot sop op die stoof, Woensdag besluit jy om te stort en skakel die geiser aan, Donderdag stofsuig jy al die matte in jou huis, Vrydag was jy wasgoed in jou wasmasjien en tuimeldroog dit daarna en Saterdag stryk jy al die wasgoed. Jy het dus elke dag een of ander elektriese toestel in jou huis vir ‘n tydlank gebruik. Daardie verbruik word as kWh op die meter langs jou huis geregistreer.

Scenario B

Die volgende week hoor jy dat iemand kom vir ‘n paar dae kuier en jy moet noodgedwonge  ál die takies wat jy die vorige week oor ses dae uitgevoer het, nou  sommer in één dag afhandel. Aan die einde van daardie dag het jy net soveel krag as in scenario A verbruik, so die kWh is dieselfde. Maar hierdie keer het jy al daardie krag in net één dag gebruik, m.a.w. die tempo van krag-verbruik  was in scenario B baie hoër as in scenario A. Dit word gemeet in kVA.

So, wat maak dit saak of ek al die krag in een dag of oor ses dae gebruik? Dis mos dieselfde hoeveelheid krag!

Gestel jy gebruik  jou eie generator om elektrisiteit op te wek. In scenario A gebruik jy min krag op ‘n bepaalde tydstip en ‘n klein generator sal voldoende wees. Jy kan dit selfs afskakel van tyd tot tyd. In scenario B gebruik jy baie meer krag op ‘n bepaalde tydstip want jy het die geiser, die oond, die stoof en die wasmasjien dalk alles gelyktydig aan.  Jy sal dus ‘n baie groter generator benodig en dit sal heeldag aangeskakel moet  wees. Wanneer die kuiergaste weer weg is, sal ‘n klein generator weer voldoende wees, maar jy moes  noodgedwonge  ‘n groter een koop vir tye soos wanneer jy gaste kry. Meeste van die tyd werk die groot generator egter nou  halfstoom want dit is eintlik té groot . Jy moes egter die kapitale uitleg maak vir die groter generator wat jy net soms gebruik. Dis onproduktief en onekonomies.

Eskom is in dieselfde bootjie. Hulle moet groot kragstasies en groot netwerke en baie mense hê om elektrisiteit te enige tyd en oral  te verskaf wanneer  huishoudings én fabrieke dit benodig, dag of nag.  Snags en oor naweke en vakansies sluit baie  fabrieke en die kragverbruik verminder drasties, maar al die kragstasies en netwerke en mense is steeds daar en dit kos deurlopend geld. Omdat die verbruik dan laer is, is Eskom se inkomste uit die verkoop van elektrisiteit ook laer, dit is weereens  onproduktief en onekonomies - maar dis nodig.  Sien kVA dus as ‘n soort versekering met ‘n gereelde premie  wat ons betaal vir die gerief om altyd voldoende elektrisiteit te hê. (Knyp maar vir eers jou oë toe vir beurtkrag)

Renaissance koop grootmaat elektrisiteit aan van die munisipaliteit. Dit word gelewer teen 11 000 Volt, 3-fase. Ons skakel dit om na 230 Volt, 1-fase, en versprei dit dan na elke wooneenheid. Die rekening vir grootmaat elektrisiteit, soos aan Renaissance en fabrieke gelewer,  bestaan ook  uit kWh- en kVA- komponente. Grootmaat elektrisiteit, ten spyte van die kVA-heffing, is steeds  goedkoper as die elektrisiteit wat aan die dorpsmense verskaf word teen net kWh-tarief. Grootmaataankope is altyd goedkoper per eenheid, soos bv. grootmaat melk,  grootmaat toiletpapier en grootmaat mieliemeel.

Die kVA-rekening vanaf die munisipaliteit word pro-rata volgens elkeen se kWh-verbruik onder inwoners verdeel. Dit varieer dus maandeliks. Al is Renaissance se kWh-rekening die volgende maand dieselfde as die vorige maand, sal die kVA-rekening nogtans  verskil, omdat die tempo van verbruik van dag tot dag en uur tot uur en selfs minuut tot minuut, varieer. Jy ry nie altyd dieselfde spoed wanneer jy deur die snelstrik ry nie en gevolglik varieer die boete ook. Hierdie boete word pro-rata onder inwoners verdeel en wys as jou kVA-aanslag.

Volgende keer kyk ons na hoe die snelstrik werk en of ons dit dalk kan omseil - of minstens die boete kan verlaag. 😊

 Johann Benade

 

 

 

 

 

 

 

 

Monday 27 November 2023

Ludwigs Rose


  

Ludwig’s uitstappie

Party van ons inwoners was bevoorreg om die bekende roosplaas te besoek.






 Lirpa Kuntz – Sekretaresse BK

Aanvanklik vanaf Germiston en nou al vir 19 jaar woonagtig in Renaissance. Lirpa, vir dié wat nie weet nie – haar naam is April omgedraai, want haar ouers was ’n seun te wagte... en toe sy gebore is, was daar nie ’n naam op die tafel nie.

Sy het twee seuns en een dogter, 4 kleinkinders wat in ouderdom wissel van 8 tot 28 jaar.

Lirpa hou van kamp, stap (of op en af ry met haar Zippy Nippy), swem en  rolbal. Sy bak, hekel, brei, doen graag tuinwerk.

 

Sy dra haar deel by deur diens doen in die oord se biblioteek.

Haar woorde is, haar lewe is vol, maar vervelig. 😉

 The Vice-chairman

Almost eight years ago, we moved to Warmbaths, and everybody asked, 'Why Warmbaths?'. I didn't know the answer then and reasoned that we wanted to sit back, relax, and enjoy our old age. Unfortunately, that didn't happen.

We were only here briefly when I got involved at church. Sisters Society, becoming an elder and not long after, I started processing all the data at the church, which I enjoy tremendously as it is what I like doing.

Then, it was November 2022 and time for the election of a new Management Committee. In 2022, I took care of the finances at the village and said I didn't want to be involved anymore. Still, I was nominated and landed the vice chairman position. What now? I am a doer, not a leader. I wrestled with this for a while and decided that nothing would come your way without a reason.

Security is a male thing, and I thought it wouldn't work, but with a good relationship with the guards and other people involved, it works very well. Communication is not an issue, as I like setting up letters and languages, which are always challenging. It is a pity that the webpage and I are not friends, but hopefully, my input on the blog is valid.

My sincere thanks to all who supported me and gave me positive feedback. Thanks to those who were always looking for something to criticize, as you made me persevere to carry on.

May the new management have a wonderful and peaceful year for the task ahead. Hopefully, the 2024 Management Committee will live up to the resident's expectations.



 May the Renaissance be a peaceful haven for all.

 Weke het verby gegaan sonder enige gebeure op die joernaal. Ek sukkel my gedaan om die webblad aan die gang te kry wat volgens die mense wat daarvoor instaan, nie bruikbaar is nie. Hopelik gaan ons dalk iets reg kry in die volgende week of so. Verskoning aan die wat graag die webblad besoek en nou niks kry nie.

Ek sal maar 'n paar uittreksels uit die nuusbrief hier plaas vir interessantheid.

Die Voorsitter se Verslag:

Soms is dit aangenaam om ʼn verslag voor te lê van gebeure gedurende ʼn sekere periode.  Om egter objektief te bly en nie kwetsend te wees nie, is nie so maklik nie.

 Dit bring my by die punt - waar en hoe is dit dat ʼn klein presentasie die vermoë het om die rus en vrede te verstoor. Die persepsies van mense met, die eie-ek, ek kan, ek sal, ek is oud, ek het nie geweet nie, kom na vore. Ek rig ʼn versoek aan almal en ook aan myself wat sê ons is Christene, kan jy voor God sê jy het nie geweet nie, of wil jy hê God moet saam met jou lieg. Dit is ʼn saak wat elkeen met God moet uitmaak en doen dan die regte ding.

 Alles is nie negatief nie. Dankie aan almal wat die ekstra myl loop om van Renaissance ʼn aangename tuiste te maak. Dankie vir die briewe wat ons ontvang van omgee en bemoediging.

 Die stryd teen watervoorsiening en krag probleme, is buite ons beheer. Ek draai nie krane toe nie en skakel ook nie die krag af nie. Ek kan u verseker dat van die bestuurslede dag vir dag op eie onkoste en tyd by die Munisipaliteit deurbring om ons oord se rekeninge reggestel te kry. Hierdie is ʼn Warmbad probleem. In die gemeenskap is daar mense wat reuse werk doen om die probleme  opgelos te kry. Spaar die kritiek teenoor die persone en bid eerder vir hulle.

 Eendrag maak mag. Mag 2024 vir Renaissance ʼn vreugdevolle jaar wees.

Tuesday 17 October 2023

 Wens ek het geweet wie het dié geskryf want dan kon mens erkening gee:🤷‍♀️

Hoe mooi gesê is die nie:👵🏻👴🏻

Die ouderdom is `n blikslater....

Hy bekruip jou.

Soos droogte in die Boesmanland.

Stadig.

Maar seker.

Hy maak jou krom.

Hy maak jou stom.

Hy maak jou vergeet.

Hy knibbel stomp-tand aan eergister se onthou.

Hy stroop die bas van jou onthouboom.

Hy los jou alleen.

Met net gedagtes.

Ver gedagtes.

Wat jou terugvat na jou jonkweesdae.

Jou eerste Daan Desimaal jare.


Maar die ouderdom maak jou ook astrant.

Soms neuk hy stroom-op met jou.

Na daar waar jy weet jy nie eintlik moet gaan krap nie.

Want dis die plek van die Groot Nostalgie.

Wanneer jy sonder dat jy wou, skielik daai ou droë Heimweeboom begin klim.

Ja, hoog in die takke is jy.

Jy raak dik gedrink.

Van die verlange se waters.

Jy boor diep.

Slukkie vir slukkie drink jy uit blou jare terug se vars boorgate.

Jou kinderjare.

Skoolgaanjare.

Vingerbordjare.

Bok-bok-staan-styf jare.

Jonk-verlief-wees jare...


Soms praat jy met jouself.

Saggies.

Of so dink jy.

Want jou ore hoor nie meer soos destyds nie.

Al is hulle nou groter...

Ja, jou gesig krimp, maar jou neus en ore word groter.

Jou tande raak stomp.

Jy word lomp.


Ouderdom is soos `n steeks donkie.

Hy briek jou.

Jý wil, maar jou bene steek vas.

Viervoet vat hy jou vloer toe.

Loopraam toe.

Soos `n kind.

Só stroop hy jou selfvertroue.

Gister se bravade maak plek vir vandag se bang.


Ouderdom steel.

Jou onafhanklikheid.

Jou karsleutels.

Jou lisensie...

Hy lewer jou oor.

Aan ander se genade.

Hy maak jou sag.

Weerloos.

En eensaam.

Hy laat jou huil.

Sommer oor niks.

Sommer oor alles.


Die ouderdom is `n wetter.

Met `n hoofletter!

Hy ruk jou uit jou huis uit.

Ontvoer jou.

Teen jou wil.

Huis Herfsblaar toe.

Waar Matrone jou baas is.

Huisreëls jou bind.

Styf.

Vas.

Met oumenstoue.

Waarvoor jy `n helse prys betaal.

Letterlik.

Terwyl jy Genadebrood moet eet...

En perdesalf op ou spiere se seer smeer.

Ouderdom druk jou smaakkliere toe.

Jy verloor jou proe.

Hy vat jou eetlus weg.

Jou energie.

Hy breek jou spoed.


Maar ouderdom leer jou ook geduld, want die kinders kom kuier op húlle tyd.

Ouderdom laat jou spog.

Te veel.

Oor die kleinkinders.

Wat jou siel lawe!

Saam met die jare se grysheid, kom daar darem ook `n bietjie wysheid.

En diepe dankbaarheid.

Vir gespaarde jare uit Sy hand uit.


Maar dan.

Later.

Raak jý stadig maar seker weer kind.

Moet jy gewoond raak aan die alewige verkleinwoordjies...

En om na jou kinders te luister! 🙏🏻🙏🏻


Saturday 14 October 2023

DIE LAASTE BEEN VAN DIE LEWE !!!

Het hierdie op 'n ander groep raak gelees en gedink dit pas nogal by ons Renaissancers!

        Meeste van ons is nou in die laaste kwart van ons lewe en behoort hierdie interessante stukkie raad te lees 👍

          Hierdie is een van die mooiste en sagmoedigste artikels wat ek in 'n rukkie gelees het: Geen politiek, Geen godsdiens en Geen rassekwessies nie - net stof tot nadenke.

           Jy weet, tyd het 'n manier om vinnig te beweeg en jou onbewus te vang van die jare wat verbygaan.

 Dit voel net of dit gister was dat ek jonk was en my nuwe lewe aangepak het.  Tog, op 'n manier, voel dit soos jare gelede, en ek wonder waarheen al die jare gegaan het?

 Ek weet dat ek hulle almal geleef het.

Ek het 'n blik op hoe dit destyds was en van al my hoop en drome.

                Hier is dit egter, die laaste kwart van my lewe en dit vang my onverwags !!!

     Hoe het ek so vinnig hier uitgegekom?       

Waar het die jare heen gegaan en waarheen het my jeug gegaan??

              Ek onthou goed dat ek ouer mense deur die jare gesien het en gedink het dat daardie ouer mense jare van my af was en dat ek net in die eerste kwartaal was en dat die vierde kwartaal so ver was dat ek dit nie kon visualiseer of ten volle kon indink wat dit sal en sou wees nie.

        Tog, hier is dit!!  My vriende is afgetree en word grys, hulle beweeg stadiger en ek sien nou ’n ouer persoon.  Sommige is in 'n beter en sommige slegter vorm as ek, maar ek sien die groot verandering.  Hulle is nie soos dié wat ek onthou wat jonk en lewenslustig was nie.  Maar, soos ek, begin hul ouderdom wys en ons is nou daardie ouer mense wat ons vroeër gesien het en nooit gedink het ons sou word nie.

             Nou vind ek amper elke dag dat net om te stort 'n ware teiken vir die dag is en om 'n middagslapie te neem is nie meer 'n bederf nie !!  Dit is verpligtend, want as ek dit nie uit vrye wil doen nie, raak ek aan die slaap waar ek sit.

           En so, het ek hierdie nuwe seisoen van my lewe binne gegaan, onvoorbereid vir al die pyne en die verlies aan krag en vermoë om dinge te gaan doen wat ek wens ek gedoen het, maar nooit gedoen het nie.  Ten minste weet ek dat, al is ek in die laaste kwartaal en ek is nie seker hoe lank dit sal duur nie, dat wanneer dit verby is op hierdie aarde, dit alles verby is.  'n Nuwe avontuur sal begin, voel ek !!

            Ja, ek is spyt.  Daar is dinge wat ek wens ek nie gedoen nie;  dinge wat ek moes gedoen het, maar daar is werklik baië dinge wat ek bly is dat ek dit gedoen het.  Dit is alles in 'n leeftyd.

             So, as jy nog nie in die laaste kwartaal is nie, laat ek jou herinner dat dit vinniger sal wees as wat jy dink.  So, wat jy ook al in jou lewe wil bereik, doen dit sommer nou.

Moenie dinge te lank uitstel nie.  Die lewe gaan vinnig verby.

              So, doen vandag wat jy kan, want jy kan nooit seker wees of jy alreeds in die laaste kwartaal is of nie.

           Jy het geen belofte dat jy al die seisoene van die lewe sal sien nie.  So, leef vir vandag en sê al die dinge wat jy wil hê jou geliefdes moet onthou - en hoop dat hulle jou waardeer en liefhet vir al die dinge wat jy vir hulle gedoen het in al die afgelope jare.

             'Lewe' is 'n geskenk aan jou.  Wees gelukkig !!

 Lekker dag !!

             Onthou, dit is gesondheid wat ware rykdom is en nie stukke goud, silwer of gedrukte Note of selfs eiendom nie.

 Jy mag dalk dink:

             Om uit te gaan is goed - maar om terug te keer huis toe is baie beter !!!

            Jy vergeet name - maar dis okay want sommige mense het alreeds vergeet dat hulle jou ooit geken het!!!

            Jy besef, jy gaan nooit regtig goed wees in iets soos gholf nie – maar jy hou van die buitelewe.  So doen dit.

          Die dinge wat jy vroeër omgegee het om te doen, stel jy nie meer belang in nie - maar jy gee regtig nie meer om dat jy nie soveel daarin belangstel nie.

               Jy slaap beter op 'n sitkamerstoel met die TV aan as in die bed - jy noem dit 'voor-slaap' !!!  As jy dit geniet, doen dit.

            Jy mis die dae toe alles gewerk het met net 'n 'Aan' en 'Af' skakelaar !!!

            Jy het baie klere in jou klerekas, waarvan jy meer as die helfte nooit weer sal dra nie – maar jy hou dit net vir ingeval !!

  Oud is goed -

 • Oud is gemaklik.

 • Oud is veilig.

 • Ou liedjies.

 • Ou flieks.

 • en - die beste van alles,

 • Vriende van ouds !!!

            So, bly gesond, 'Ou vriend.'

            Geniet 'n fantastiese dag.

              Geniet 'n wonderlike kwartaal, in watter een jy ook al is!!!

Kyk mooi na julself.