Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 30 June 2015

Ingang tot oord ondergaan voorkomsverandering

Die waternood in Suid-Afrika wat deur omgewingskundiges in die vooruitsig gestel word, motiveer die oord se bewaringskomitee onder leiding van Piet Combrink al 'n geruime tyd lank om maniere te vind om waterverbruik in die oord te verminder.

Thursday 25 June 2015

Nuwe voorsitter nommerpas vir sy taak

Die 68-jarige Gerhard van Rooyen is pas aangewys as die nuwe Voorsitter van die Warmbad Renaissance Bestuursvereniging in die plek van Johnny Meyer wat weens gesondheidsredes uitgetree het.

Thursday 18 June 2015

Inwoners verdryf die winterkoue met sop en sjerrie

Heelparty inwoners het onlangs die snerpende koue en 'n blerts beurtkrag met sop en sjerrie aangedurf tydens 'n gesellige funksie wat deur die Sosiale Aksie gereël is.

Tuesday 16 June 2015

Trees

Mehmet Murat ildan once said, “Why pay money for the horror movies? Just go to a street without trees,” while Richard Mabey opined that “to be without trees would, in the most literal way, to be without our roots.”

Thursday 11 June 2015

Oud-polisiekaptein maak Warmbad Renaissance sy tuiste

Johan Huisamen (51) is 'n gemoedelike voormalige polisiekaptein wat lank op Bela-Bela gewerk het. Hy moes die SAPD onlangs weens mediese redes verlaat.

Hy en sy stiefpa, Hannes Kruger (74), woon in Eenheid 2. Hulle waardeer die rustigheid en veiligheid van ons pragtige oord, asook die vriendelikheid van die inwoners.

Johan Huisamen (links) en sy stiefpa, Hannes Kruger
Alhoewel Johan op Warmbad grootgeword het, het hy sy skoolopvoeding by die Hoërskool Wagpos op Brits voltooi. Daarna het hy by die SAPD aangesluit en mettertyd 'n buitemuurse Nasionale Diploma in Polisie-administrasie aan die Technikon RSA behaal.

As 'n jong man was Johan 'n geedriftige rugbyspeler wat as stut vir die plaaslike rugbyspan uitgedraf het. Later het hy hom op die hengelsport toegespits en provinsiale kleure daarin verwerf. Deesdae hengel hy vir ontspanning en is 'n toegewyde Blou Bul-ondersteuner.

Johan se voormalige eggenote, Jacqueline, is 'n fisioterapeut op die dorp. Hulle is baie trots op hulle 12-jarige seun wat die  onderhoofseun van die plaaslike laerskool is. Sy naam is Henrique. Hy is 'n kranige sportman wat, onder andere, oor 'n swart gordel in karate beskik. Die 8-jarige Nicky woon by haar ma in Bloemfontein.

Monday 8 June 2015

Inwoners lewer ook elders in die gemeenskap 'n diens

Dimmie Smith (Eenheid 104) en Piet Combrink (Eenheid 6) dien in die bestuur van die Warmbad-dienssentrum, 'n plaaslike organisasie wat maaltye en biblioteekfasiliteite aan pensioentrekkers beskikbaar stel.

Monday 1 June 2015

Avontuurlike Tossie

Tossie van Rensburg (Eenheid 13) het onlangs 'n avontuurtog agterop 'n motorfiets onderneem.