Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 30 June 2022

A message from the Chirman of the Management Committee - July 2022


The Chairman of the Warmbad Renaissance Management Committee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, writes: On behalf of the Management Committee, I would like to extend a warm welcome to new residents. We hope that your stay in Renaissance will be enjoyable. We invite you to take part in the village’s activitities, share your talents with us and provide your input with regard to where we can improve.

Ons is nou in die middel van die jaar en die winter. Sover het daar al drastiese veranderings in die wêreld, in die land en so ook in die oord plaasgevind. Alles veroorsaak ʼn kettingreaksie wat ons as inwoners ook raak. Die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne het ʼn invloed op ons finansies met hoër branstofpryse, voedselpryse en ander noodsaaklike verbruikersitems. Hoër belastings op annuïteite maak nie die las ligter nie.

The discussions with the solar power contractor, Wade Walker, did not deliver a positive result (see my message for April 2022). They were unable to find an external source of finance that would ensure that we would not pay a higher tariff than pre-paid electricity. At the present time we are in discussions with the municipality about possible adjustments. However, a successful outcome cannot be guaranteed. I would like to assure residents that we are not sitting with folded arms, waiting for better days. Nothing will be done arbitrarily. Any decision will be tabled at a special general meeting or an annual general meeting.

Sonkragstelsels sal altyd weens die wisselvallige intensiteit van beskikbare sonlig verskeie uitdagings oplewer. Tans beleef ek self negatiewe gevolge ten opsigte van my sonkragwarmwaterstelsel.

In closing, Jan Brand’s maxim, “All will be well if everyone does his duty,” remains applicable today - also in our village. Brand was the fourth State President of  the Republic of the Orange Free State from 1864 to 1888.


Thursday 2 June 2022

Warmbad Renaissance verwelkom die Swanepoels

Tot siens Springs. Dagsê Bela-Bela.

Johan en Susan Swanepoel het onlangs in E73 ingetrek. Alhoewel hulle ̓n ander aftreeoord in die Laeveld oorweeg het, was dit té ver van Pretoria af waar hulle 2 kinders en twee kleinkinders woon. Susan het vir Jacky geskakel, en siedaar … Hulle geniet tans hulle verblyf in ons oord want hulle eenheid is gerieflik, die inwoners wat hulle tot dusver ontmoet het, is warm mense en hulle voel veilig.

Susan is 60 jaar gelede op Vryburg gebore, maar sy en haar gesin het vroeg in haar lewe na Harrismith verhuis. Sy het in 1980 aan die Hoërskool Harrismith gematrikuleer. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy klerklike werk gedoen en later – nadat sy en Johan in 1982 op Harrismith getroud is - was sy ̓n tuisteskepper en SAVF-kleuterskoolonderwyseres.

Johan is in 1956 op Odendaalsrus gebore en het in Bloemfontein grootgeword. Hy het in 1974 aan die Hoërskool President Steyn gematrikuleer. Hierna het hy by die Suid-Afrikaanse Spoorweë aangesluit. Later het hy na die plaaslike owerheidsektor oorgeskakel en in 2021 as aankoper van rekenaartoerusting vir die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, afgetree.