Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday, 26 November 2016

Bra Willy beloon vir twintig jaar getroue diens

Ons faktotum, William Baloyi, het op 1 Mei 1996 by ons oord diens aanvaar en het mettertyd 'n onmisbare rol in ons wel en wee gespeel.

Die voorsitter van die bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, oorhandig 'n "Certificate of Appreciation" aan Bra Willy
Vanjaar het hy sy twintigste diensjaar by die oord voltooi. Daarvoor het hy onlangs 'n kontantbedrag en 'n geraamde sertifikaat van Gerhard van Rooyen, die voorsitter van die bestuurskomitee, ontvang.

Die oord se werkers is saam met Bra Willy bly. V.l.n.r verskyn Emely Langa, Thomas Maswanganye, Bra Willy, Daniel Marakalla en Abram Lebese.

Thursday, 24 November 2016

Annual General Meeting, 24 November 2016

Die voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging, Gerhard van Rooyen, spreek die aanwesiges toe
Inleiding
Die ondervermelde aangeleenthede is op 24 November 2016 tydens die Algemene Jaarvergadering van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging hanteer.

Voorsitter se jaarverslag
Die voorsitter van die bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, het sy dank betuig teenoor 'n groot groep persone wat vanjaar 'n onmisbare bydrae gelewer het om sake in ons oord vlot te laat verloop. Dit sluit die bestuursvereniging, bestuurskomitee, inwoners wat nie in die bestuurskomitee dien nie, die sosiale aksie, die bestuursagent en ontwikkelaar, en werknemers van die oord in.

Hy het daarop gewys dat die betrokkenes soms van mekaar verskil het, maar tóg uiteindelik saamgewerk het om oorddoelwitte te bereik.

"Een van die interessantste aspekte van ons oord," het hy in ligter luim gesê, "is die spoed waarmee nuus  versprei - só vinnig dat nie eers die moderne tegnologie kan byhou nie!"

Gerhard het ook gewag gemaak van die hoogtepunt van die jaar, te wete die viering van ons 25ste bestaansjaar in April vanjaar. 'n Puik gedenkblad en 'n gesellige potjiekos-ete het die kroon op die feestelikhede gespan.

In response, the meeting passed a resolution expressing its appreciation for the quality of leadership provided by Gerhard during the past year. He managed to successfully avoid the pitfalls associated with mediocre governance, while efficiently embracing important elements of leadership, i.e. good interpersonal skills, a considerate disposition, a sense of purpose, intelligence and good judgment.

Amendments to our Rules of Conduct
Paragraph 4 now specifies that a unit may in future only accommodate a maximum number of 2 persons. However, when circumstances arise requiring the permanent accommodation of a third person in the unit, the approval of the Management Committee must be sought. The Management Committee will take into account whether the unit has sufficient space, that the third person has attained the age of 50, and that he/she is related (parent, brother or sister) to the occupiers.

Paragraaf 16 bepaal dat alle tuine en grasperke deel is van die gemeenskaplike eiendom. Inwoners word egter toegelaat om 'n tuin om hulle wonings te vestig en in stand te hou mits hulle verantwoordelikheid aanvaar vir die totale koste daaraan verbonde. Dit sluit die natlei van die tuin in. Die water wat só verbruik word, word deur die eenheid se watermeter gemeet. Dié meters is in 2014 geïnstalleer.

Die begroting vir 2017
Die begroting vir 2017, wat deur ons nuwe bestuursagent, Frikman Nel voorberei is, is ter tafel gelê en deur die vergadering goedgekeur.

Die bedrag wat benodig word vir die bestuur van die oord beloop R1 917 536 en moet uit heffings verhaal word. Dit bring mee dat ons maandelikse heffings vir 2017 met 8.782% verhoog sal word.

Mnre. PricewaterhouseCoopers is weer eens as die oord se ouditeur aangewys.

The Management Committee for 2017
The Management Committee for 2017 is as follows: Gerhard van Rooyen (Chairman), Barry Vosloo (Vice-chairman/Communication) Lirpa Kuntz (Secretary), Flip Dreyer (Maintenance), Piet Combrink (Conservation), Jadene Horne (Conservation), Braam Cilliers (Administration), Rita Vosloo (Social Action), Elsa Erasmus (Finance), George Yeo (Security), Tiny Hitge (Electricity and Water Meters), Marie Snyman (Residents' Support).


Wednesday, 16 November 2016

Nuwe inwoner gaande oor heerlike atmosfeer

Isabel Venter het onlangs in E55 ingetrek. Sy huur die eenheid van Ramona Wessels. Ramona is die ouma van Protea-kaptein, A B de Villiers.

Isabel Venter
Hierdie sprankelende vrou het voorheen in Clubview, Centurion, gewoon en op aanbeveling van haar seun, Johan Swart (E87), hierheen verhuis. Sy kan nie uitgepraat raak oor die heerlike atmosfeer wat in ons oord heers nie. Die vriendelike inwoners, die stilte en die netjiese terrein maak dit vir haar sommer baie lekker om hier te woon.

Isabel is 73 jaar gelede in Roodepoort gebore. As jong kind het sy en haar gesin egter na Luanshya, Zambië, getrek waar sy grootgeword het. In 1960 het sy die Cambridge Matric Certificate aan  die Luanshya High School verwerf. Later het sy verskeie kurusse gevolg, o.a. in rekenaars en vertaalwerk.

Nadat sy en Charles Swart (nou oorlede) getroud is, het hulle na Phalaborwa verhuis waar hulle ‘n suksesvolle vervoeronderneming op die been gebring het. Later het hulle ook ‘n plaas in die Hoedspruitdistrik aangeskaf. Sy was hoofsaaklik verantwoordelik vir die rekeningkundige gedeelte van hulle ondernemings.

Isabel het drie kinders en ses kleinkinders.

Wednesday, 9 November 2016

Inwoners slaak sug van verligting

Linette Retief skryf in Beeld van 5 November 2016: Met die inwerkingtreding van die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas [wat op 7 Oktober 2016 gepromulgeer is en vanaf Januarie 2017 van krag sal wees] kan die meeste eienaars in deeltitelskemas verwag dat hul heffingspaaiemente gaan styg. Die rede hiervoor, sê Andrew Schaefer, besturende direkteur van die eiendomsmaatskappy Trafalgar, is dat die nuwe wetgewing dit vir alle skemas verpligtend maak om ‘n stewige reserwefonds op die been te bring om die toekomstige koste van enige groot instandhoudingsprojekte of noodherstelwerk aan gemeenskaplike eiendom te dek.

Inwoners wat hierdie berig gelees het, het waarskynlik ‘n beklemming om die hart ondervind. Die vraag wat onwillekeurig ontstaan is wat op dees aarde gaan dié spul ons nou weer kos?

Ons het ons nuwe bestuursagent, Frikman Nel, gevra om assegrootblief te verduidelik.

Hy het laat weet dat ons oord een van min aftreeoorde is waarop die bovermelde klousule nie aanstaande vanjaar ‘n invloed sal uitoefen nie.

“Julle voldoen reeds aan die nuwe vereistes ten opsigte van reserwefondse weens die goeie beplanning en baie goeie bestuur van die afgelope jare,” skryf hy.

Sou daar egter in die toekoms redelike groot onvoorsiene uitgawes opduik wat noodsaak dat ‘n groot deel van die reserwes daarvoor aangewend moet word, sal daar in die daaropvolgende begroting net weer deur middel van verhoogde heffings voorsiening gemaak moet word om die reserwes aan te vul.  

Saturday, 29 October 2016

Yet another couple from afar retires to Warmbad Renaissance

After investigating many retirement options from Cape Town to Nelspruit, Vossie and Des Vos decided on Warmbad Renaissance as their retirement village of choice. Reasons for their decision include affordability, well-kept grounds (despite the current searing drought), a magnificent Bushveld setting, proximity to Pretoria and O R Tambo International Airport, a roomy unit, friendly residents, to name but a few.

Des en Vossie Vos
Without further ado, they asked a property consultant to market their property in Vaal Marina in order to move into U111.

Des was born in Springs 67 years ago. However, her family soon moved to the former Transkei where she grew up. After matriculating at King Edward High School in Matatiele, she was employed as a telephonist by the GPO before joining Premier Milling. Here she advanced through the ranks, eventually becoming a stalwart in the accounting department.

Des's alma mater
Vossie (65) was born in Maclear in East Griqualand, and grew up on a farm in the Ugie district. He attended Ugie High School where he matriculated. After a spell with the GPO, he also joined Premier Milling and rose to the position of area sales manager, first in Butterworth and later in East London.

Vossie's heimat
This charming couple are keen caravanners who have spent many happy holidays in the Bushveld.

Vossie and Des were married in King Williams Town 41 years ago. They have 4 children and four grandchildren.

Monday, 17 October 2016

Jan van Blerk is 'n skilder van formaat

"Spaar water. Stof af" was die opskrif van hierdie spotprent wat op 24 Mei 1983 in Die Vaderland verskyn het.

Spotprent van rdl. Max Neppe
Dié skets is een van vele wat ons eie Jan van Blerk (E106) tydens sy termyn as ‘n lid van die Johannesburgse stadsraad van mede-raadslede verewig het. Die spotprent beeld rdl. Max Neppe uit gedurende die nypende watertekort wat in die tagtigerjare landwyd geheers het.

Jan is ‘n skilder van formaat. In die Van Blerks se wooneenheid pryk talle skilderye wat hy oor die jare heen geskilder het

Jean en Jan van Blerk by sommige van Jan se skilderye
In dieselfde uitgawe van Die Vaderland, berig Mariska Spoormaker dat ses voormalige bugemeesters van Johannesburg spog met portretstudies wat Jan van hulle tydens hulle ampsjare geskilder het.

In 1975 het hy een van sy skilderye aan ‘n voormalige Springbok-rugbykaptein, dr. Dawie de Villiers, geskenk. Dr. De Villiers was toentertyd Suid-Afrika se ambassadeur in Londen. Hy skryf aan Jan: "Die kwaggas en die rustigheid van die veld laat ‘n mens se hart met ‘n punt trek."

Selfportret (1982)
Jan sê hy was van kindsbeen af lief vir kuns. As plaaskind het hy op leiklippe geskets en kleiosse gemaak. Dit was so gewild dat hy dit later op bestelling vir maatjies gemaak het.

Later het hy ‘n handelskunstenaar geword nadat hy ‘n driejaarkursus in kuns aan die Kaapse Kunskollege voltooi het.

Saturday, 8 October 2016

Yet another (former) teacher makes our village her home

Sue Spark
Bubbly Sue Spark (59) recently took up residence in U51. Her neighbours have already made contact with her, almost certainly in response to her cheerful, positive nature.

“Warmbad Renaissance already feels like home,” she says.

Sue was born in Queenstown in the Eastern Cape, but soon moved to Port Elizabeth where she spent the next forty years of her life. Here she matriculated at Theodor Herzl High School before enrolling at the Port Elizabeth College of Education, where she obtained an education diploma in higher primary education, specialising in physical education.

After qualifying as a teacher, she taught at her old school for eight years.

Sue resigned from her teaching job to join Kentucky Fried Chicken, becoming their training manager. After working in Cape Town, Port Elizabeth and Johannesburg, she moved to Bela-Bela.

Her husband, Maurice, passed away four years ago. She has a son, Alan who lives in Port Elizabeth with her daughter-in-law, Candice. Her daughter, Melanie, lives in Cape Town. To top it all, she is the doting grandmother of Leah.